DEUTERONOMIUM 5:9-10

DEUTERONOMIUM 5:9-10 NLV

Jy mag nooit voor hulle neerbuig om hulle te aanbid nie. Ek die HERE jou God is ’n God wat onverdeelde lojaliteit eis. Ek hou die sondes van die vaders teen die kinders tot so ver as drie en vier geslagte lank. My liefde deel Ek egter oorvloedig uit aan die mense wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam, selfs tot so ver as duisend geslagte aan.