HANDELINGE 19:1-6

HANDELINGE 19:1-6 NLV

Terwyl Apollos in Korinte was, het Paulus deur die binnelandse gebiede van Klein-Asië Efese toe gereis. Daar het hy ’n groepie gelowiges gekry. Hy het vir hulle gevra: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle begin glo het?” “Ons het nie eens gehoor dat daar ’n Heilige Gees is nie,” het hulle hom geantwoord. “Met watter doop is julle dan gedoop?” het hy gevra. Hulle het geantwoord: “Met die doop van Johannes.” Paulus sê toe: “Johannes se doop was ’n bevestiging dat ’n mens jou van jou sonde bekeer het tot God. Johannes het self vir die volk gesê hulle moet in Jesus glo, dié Een wat hy gesê het ná hom kom.” Toe hulle dit hoor, het hulle hulle in die Naam van die Here Jesus laat doop. Toe Paulus sy hande op hulle sit, het die Heilige Gees op hulle gekom en hulle het in ander tale gepraat en geprofeteer.