Die inwoners van Jerigo het Elisa besoek en gesê: “Hierdie dorp is in ’n pragtige omgewing geleë, soos u self kan sien. Maar die water is onbruikbaar en die landerye is onvrugbaar.” Elisa sê: “Bring vir my ’n nuwe skottel met sout daarin.” Hulle het dit gedoen. Toe gaan hy na die fontein waar die dorp water vandaan gekry het en gooi die sout daarin. Hy sê: “Dit is wat die HERE sê: Ek maak hierdie water bruikbaar. Dit sal nie meer dood of onvrugbaarheid veroorsaak nie.” Die water het tot vandag toe bruikbaar gebly, net soos Elisa gesê het. Elisa het daarna na Bet-El toe opgegaan. Terwyl hy in die pad loop, kom ’n groep klein seuntjies uit die dorp en begin hom spot. “Gaan op, kaalkop!” het hulle uitgeroep. “Gaan op, kaalkop!” Elisa het omgedraai, na hulle gekyk en hulle in die Naam van die HERE vervloek. Toe kom daar twee bere uit die bos en verskeur 42 van hulle. Daarvandaan het Elisa na Karmelberg gegaan, en daarna terug na Samaria toe.
Lees 2 KONINGS 2
Luister na 2 KONINGS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 KONINGS 2:19-25
13 Days
Elisha is one of the most fascinating people found in God’s word. He was a prophet whose faith and miracles seem almost ridiculous. During this 13-day reading plan you will read through the life of Elisha and learn from his example of what life can look like when you let go and decide to live with ridiculous faith.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's