2 KONINGS 2:19-25
2 KONINGS 2:19-25 Die Boodskap (DB)
Die mense van Jerigo het vir Elisa gesê: “Ons het ’n probleem. Soos jy kan sien, is ons dorp mooi geleë, maar die water is sleg. Dit veroorsaak onvrugbaarheid by mens en dier.” Elisa sê toe: “Bring vir my ’n splinternuwe skottel vol sout.” Hulle het dit vir hom gaan haal. Hy stap toe na die oog van die fontein en gooi die sout daarin terwyl hy sê: “Die Here sê: ‘Ek het die water nou gesond gemaak. Dit sal nie weer dood of onvrugbaarheid veroorsaak nie.’” En so was dit! Die water is nog altyd gesond, net soos Elisa gesê het dit sou wees. Elisa is weg uit Jerigo, na Bet-El toe. ’n Klomp seuntjies het uit die stad gekom en hom gespot. Hulle het geskree: “Gaan op, Bleskop! Gaan op, Bleskop!” Elisa het na hulle gekyk en hulle in die Here se Naam vervloek. Daar het toe twee bere uit die bos gekom en 42 van die seuntjies verskeur. Elisa is van daar af eers na die Karmelberg toe en daarna Samaria toe.
2 KONINGS 2:19-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die inwoners van die stad het vir Elisa gesê: “U sien self hoe mooi ons stad geleë is, maar die water is giftig en die oes uit die grond veroorsaak misgeboortes.” Elisa sê toe: “Bring vir my 'n nuwe skottel en gooi sout daarin.” Hulle het dit na hom toe gevat. Hy het uitgegaan na die plek waar die water uitkom en die sout daar ingegooi, met die woorde: “So sê die Here: Ek maak hierdie water bruikbaar sodat dit nie meer dood of onvrugbaarheid sal veroorsaak nie.” Die water is vandag nog bruikbaar, net soos Elisa gesê het. Elisa is daarvandaan op na Bet-El toe. Terwyl hy op pad was daarnatoe, het 'n klomp klein seuntjies uit die stad gekom en hom gespot: “Hoër op, kaalkop! Hoër op, kaalkop!” Hy het omgedraai, hulle aangekyk en hulle vervloek in die Naam van die Here. Twee bere het uit die bos gekom en twee en veertig van die kinders verskeur. Van Bet-El af is Elisa na Karmelberg toe en daarvandaan na Samaria toe.
2 KONINGS 2:19-25 Bybel vir almal (ABA)
Die leiers van die stad Jerigo het vir Elisa gesê: “Meneer, jy kan sien dat die stad op 'n mooi plek gebou is, maar die water hier is sleg en dit maak die grond onvrugbaar.” Elisa het gesê: “Bring vir my 'n nuwe bak en gooi sout daarin.” Hulle het die bak en die sout gebring, en Elisa het na die plek gegaan waar die water uit die grond kom. Hy het die sout in die water gegooi en gesê: “Die Here sê: Ek maak hierdie water gesond, dit sal nie meer die grond onvrugbaar maak en die plante laat doodgaan nie.” Die water het gesond geword soos Elisa gesê het, en dit is tot vandag toe gesond. Elisa het van die stad Jerigo na die stad Bet-El gegaan. Terwyl hy op die pad daarnatoe geloop het, het daar seuntjies uit die stad gekom. Hulle het hom gespot en gesê: “Loop, kaalkop! Loop, kaalkop!” Elisa het omgedraai en hy het vir hulle gesê dat die Here hulle sal straf. En toe kom daar twee beer-wyfies uit die bos en hulle maak 42 van die seuntjies dood. Elisa het van Bet-El na Karmel-berg gegaan en daarna het hy teruggegaan na Samaria.
2 KONINGS 2:19-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die manne van die stad het vir Elísa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid. En hy antwoord: Bring vir my 'n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring. Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die HERE: Ek het dié water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie. En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van Elísa wat hy gespreek het. En daarvandaan het hy opgegaan na Bet-el; en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en vir hom sê: Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop! Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien en hulle gevloek in die Naam van die HERE; en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee-en-veertig kinders verskeur. En hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan en daarvandaan na Samaría teruggekom.
2 KONINGS 2:19-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die inwoners van die stad het vir Elisa gesê: “U sien self hoe mooi ons stad geleë is, maar die water is giftig en die oes uit die grond veroorsaak misgeboortes.” Elisa sê toe: “Bring vir my 'n nuwe skottel en gooi sout daarin.” Hulle het dit na hom toe gevat. Hy het uitgegaan na die plek waar die water uitkom en die sout daar ingegooi, met die woorde: “So sê die Here: Ek maak hierdie water bruikbaar sodat dit nie meer dood of onvrugbaarheid sal veroorsaak nie.” Die water is vandag nog bruikbaar, net soos Elisa gesê het. Elisa is daarvandaan op na Bet-El toe. Terwyl hy op pad was daarnatoe, het 'n klomp klein seuntjies uit die stad gekom en hom gespot: “Hoër op, kaalkop! Hoër op, kaalkop!” Hy het omgedraai, hulle aangekyk en hulle vervloek in die Naam van die Here. Twee bere het uit die bos gekom en twee en veertig van die kinders verskeur. Van Bet-El af is Elisa na Karmelberg toe en daarvandaan na Samaria toe.
2 KONINGS 2:19-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die manne van die dorp het vir Elisa gesê: “Kyk, die ligging van die dorp is goed, soos my heer kan sien; maar die water is sleg en die grond veroorsaak misgeboortes.” Toe sê hy: “Bring vir my 'n nuwe skotteltjie en gooi sout daarin.” Hulle het dit vir hom gebring, en hy het uitgegaan na die bron van die water, die sout daarin gegooi en gesê: “So sê die HERE, ‘Ek het hierdie water gesond gemaak; dit sal nie meer dood of misgeboortes veroorsaak nie.’ ” Die water is tot vandag toe gesond, ooreenkomstig die woord van Elisa wat hy gespreek het. Hy het daarvandaan opgegaan na Bet-El. Terwyl hy padlangs opgaan, het 'n groep klein seuntjies uit die dorp gekom. Hulle het met hom die spot gedryf en vir hom gesê: “Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!” Hy het omgedraai en toe hy hulle sien, het hy hulle vervloek in die naam van die HERE. Twee bere het uit die bos gekom en twee-en-veertig van die kinders verskeur. Daarvandaan het hy na die berg Karmel gegaan, en van daar af het hy teruggekeer na Samaria.
2 KONINGS 2:19-25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die manne van die stad vir Elísa: Kyk tog, die toestand van hierdie stad is aangenaam, soos my heer sien, maar die water is niks en die grond onvrugbaar. En hy sê: Bring vir my 'n nuwe kruik en gooi sout daarin. En hulle het dit vir hom gebring. En hy het uitgegaan na die fontein van die water en die sout daarin gegooi en gesê: So spreek die HERE: Ek het hierdie waters gesond gemaak; daarvandaan sal geen dood of onvrugbare grond meer wees nie. En die waters is genees tot vandag toe, volgens die woord van Elisa wat hy gespreek het. En hy het daarvandaan opgegaan na Bet-el, en terwyl hy op pad was, kom daar kindertjies uit die stad uit en bespot hom en sê vir hom: Gaan op, kaalkop! gaan op, kaalkop. En hy het omgedraai en hulle aangekyk en hulle in die Naam van die HERE vervloek. En daar het twee sybere uit die bos te voorskyn gekom en twee-en-veertig kinders van hulle geskaar. En hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan, en daarvandaan het hy na Samaria teruggekeer.
2 KONINGS 2:19-25 Die Boodskap (DB)
Die mense van Jerigo het vir Elisa gesê: “Ons het ’n probleem. Soos jy kan sien, is ons dorp mooi geleë, maar die water is sleg. Dit veroorsaak onvrugbaarheid by mens en dier.” Elisa sê toe: “Bring vir my ’n splinternuwe skottel vol sout.” Hulle het dit vir hom gaan haal. Hy stap toe na die oog van die fontein en gooi die sout daarin terwyl hy sê: “Die Here sê: ‘Ek het die water nou gesond gemaak. Dit sal nie weer dood of onvrugbaarheid veroorsaak nie.’” En so was dit! Die water is nog altyd gesond, net soos Elisa gesê het dit sou wees. Elisa is weg uit Jerigo, na Bet-El toe. ’n Klomp seuntjies het uit die stad gekom en hom gespot. Hulle het geskree: “Gaan op, Bleskop! Gaan op, Bleskop!” Elisa het na hulle gekyk en hulle in die Here se Naam vervloek. Daar het toe twee bere uit die bos gekom en 42 van die seuntjies verskeur. Elisa is van daar af eers na die Karmelberg toe en daarna Samaria toe.
2 KONINGS 2:19-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die inwoners van Jerigo het Elisa besoek en gesê: “Hierdie dorp is in ’n pragtige omgewing geleë, soos u self kan sien. Maar die water is onbruikbaar en die landerye is onvrugbaar.” Elisa sê: “Bring vir my ’n nuwe skottel met sout daarin.” Hulle het dit gedoen. Toe gaan hy na die fontein waar die dorp water vandaan gekry het en gooi die sout daarin. Hy sê: “Dit is wat die HERE sê: Ek maak hierdie water bruikbaar. Dit sal nie meer dood of onvrugbaarheid veroorsaak nie.” Die water het tot vandag toe bruikbaar gebly, net soos Elisa gesê het. Elisa het daarna na Bet-El toe opgegaan. Terwyl hy in die pad loop, kom ’n groep klein seuntjies uit die dorp en begin hom spot. “Gaan op, kaalkop!” het hulle uitgeroep. “Gaan op, kaalkop!” Elisa het omgedraai, na hulle gekyk en hulle in die Naam van die HERE vervloek. Toe kom daar twee bere uit die bos en verskeur 42 van hulle. Daarvandaan het Elisa na Karmelberg gegaan, en daarna terug na Samaria toe.