2 KORINTIËRS 10:3-6

2 KORINTIËRS 10:3-6 NLV

Ons leef wel in ’n menslike liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie. Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ons is ook oorgehaal om met elke ongehoorsaamheid af te reken, sodra julle eie gehoorsaamheid in plek geval het.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid