Broers en susters, ons druk julle dit op die hart: Wys die leeglêers tereg, praat die kleinmoediges moed in, ondersteun die swakkes, wees geduldig met almal. Kyk dat niemand weerwraak neem nie, maar streef eerder altyd die goeie na – vir mekaar en vir alle mense. Wees altyd vol blydskap. Moenie ophou bid nie. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God van julle verwag omdat julle met Christus Jesus verenig is. Moenie die Gees uitblus nie. Moenie profesieë geringskat nie, maar ondersoek alles wat gesê word en behou wat goed is. Bly weg van elke vorm van kwaad. Mag die God van vrede julle volkome aan Hom toewy. Ja, mag God julle so bewaar dat julle na gees, siel en liggaam volkome vlekkeloos sal wees wanneer ons Here Jesus Christus terugkom. Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen! Broers en susters, bid ook vir ons. Groet al die broers en susters met die soen van Christelike liefde. Ek vra namens die Here dat dié brief aan al die broers en susters voorgelees sal word. Mag die genade van ons Here Jesus Christus met julle wees.
Lees 1 TESSALONISENSE 5
Luister na 1 TESSALONISENSE 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 TESSALONISENSE 5:14-28
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's