1 SAMUEL 20:41-42

1 SAMUEL 20:41-42 NLV

Nadat die seun weg is, kom Dawid uit sy wegkruipplek by die kliphoop en buig drie keer diep voor Jonatan. Hulle het mekaar omhels en gegroet. Albei was in trane, Dawid meer as Jonatan. Jonatan sê toe vir Dawid: “Gaan in vrede. Ons het in die Naam van die HERE aan mekaar trou gesweer. Die HERE is vir altyd getuie van hierdie ooreenkoms tussen my en jou en tussen ons nageslagte.” Dawid is toe daar weg, en Jonatan is terug na die stad toe.