Geliefdes, omdat julle uitlanders en bywoners is, waarsku ek julle om nie aan julle natuurlike neigings toe te gee nie. Dit verwoes net ’n mens se lewe. Handhaaf ’n voorbeeldige leefstyl onder die nie-Christene, selfs al kla hulle julle aan van wangedrag. Hulle sal dan julle goeie gedrag sien en God die eer daarvoor gee wanneer Hy kom rekenskap vra. Omdat die Here dit so wil hê, moet julle alle gesag aanvaar – die koning as staatshoof én die amptenare wat die koning benoem het. Die koning het ’n mandaat aan hulle gegee om dié wat kwaad doen, te straf, en erkenning te gee aan dié wat goeddoen. Dit is God se wil dat julle goeie gedrag die mense wat uit onkunde van julle kwaadpraat, sal stilmaak. Dis waar: Julle is nie slawe nie; julle ís vry mense. Maar moenie julle vryheid as dekmantel misbruik om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God se diensknegte te wees. Julle moet alle mense respekteer. Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê. Betoon ontsag aan God. Respekteer die koning. Huiswerkers, julle moet die gesag van julle werkgewers volledig aanvaar. Dóén wat hulle vir julle sê – of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik. Dit is immers genade as jy, omdat jy in gedagte hou wat God wil hê, onverdiende houe vat, al maak dit jou seer. Daar is natuurlik geen verdienste daarin as julle die houe vat vir ’n oortreding nie. Om egter die houe te vat wanneer julle goeddoen, dít is iets besonders voor God. Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus, wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Volg in sý spore. Hy het nooit sonde gedoen en geen leuen vertel nie. Toe Hy beledig is, het Hy nie terugbeledig nie; toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie. Hy het alles oorgelaat aan God wat altyd regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Só is ons vry van die sonde. Nou kan ons lewe omdat God ons verhouding met Hom herstel het. Deur sý wonde is julle genees!
Lees 1 PETRUS 2
Luister na 1 PETRUS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 PETRUS 2:11-24
5 Days
Repentance is one of the key actions we all take in coming to know Christ as our personal Savior. Repentance is our action and forgiveness is God's reaction to us out of His perfect love for us. During this 5-day reading plan, you will receive a daily Bible reading and a brief devotional designed to help you better understand the importance of repentance in our walk with Christ. For more content, check out www.finds.life.church
6 dae
Die Christelike lewe vra dat ons moet wegdraai van onsself, die begeerlike dinge in die wêreld, en onsself nie verhef tot by 'n plek waar ek en my begeertes die belangrikste is nie. In hierdie leesplan wil ons kyk wat die Skrif hieroor sê.
15 Dae
As jy vir Jesus ly, dan moedig hierdie eerste brief van Petrus jou aan dat jy in Jesus se voetspore volg, wat eerste vir ons gely het. Reis daagliks deur 1 Petrus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
23 Days
In the apostle Peter's first letter to Christians, he discusses the right attitude toward other people, the position of husband and wife within marriage, and dealing with suffering. This reading plan covers chapters 2 and 3 of Peter’s letter.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's