Hieroor kan julle baie bly wees, al moet die baie beproewings julle vir ’n rukkie laat swaarkry. Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word; en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud wat vergaan. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word. Hóm het julle lief, al het julle Hom nooit gesien nie. Al sien julle Hom nou nie, vertrou julle op Hom; julle kan die wonderlike blydskap wat julle in julle voel, eintlik nie onder woorde bring nie. Julle ervaar hierdie blydskap, want julle is reeds besig om julle finale verlossing, wat die doelwit van julle geloof is, te verkry. Oor hierdie verlossing wou die profete meer weet. Hulle het oor God se genade wat vir julle bedoel is, geprofeteer, al het hulle baie vrae oor die bedoeling daarvan gehad. Hulle het probeer uitvind wat die Gees van Christus in hulle bedoel het toe Hy vooruit vir hulle vertel het van Christus se lyding en dat Hy daarna verheerlik sou word. Hulle het gewonder met wie en wanneer dit alles sou gebeur. God het aan hulle openbaar dat dit wat hulle geprofeteer het, nie vir hulle eie tyd bedoel was nie, maar vir julle s’n. Dié Goeie Nuus is nou by julle aangekondig deur dié wat vir julle gepreek het met die krag wat die Heilige Gees gee. God self het die Gees gestuur. Dit is só wonderlik dat selfs die engele dit alles fyn dophou. Sien daarom met verwagting uit na die genade wat vir julle gebring word wanneer Jesus Christus weer verskyn. Sorg dat julle helder dink en gedissiplineerd lewe.
Lees 1 PETRUS 1
Luister na 1 PETRUS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 PETRUS 1:6-13
5 Days
Encouragement from a mom who launched her seven children and lived to tell about it. Part 4 of 12 devotions in this series from Robin Meadows.
Maybe God isn’t who you think He is. Maybe He’s much better. This devotional will help identify some Christian clichés we’ve all heard that are actually unbiblical lies. These clichés may seem innocent, but are harmful to our faith and keep far too many believers stuck in spiritual immaturity. Learn to encounter these lies is with the truths about God in the Bible, that bring encouragement and freedom to our lives.
There are people in the world who are vibrant. Their joy is contagious, their peace is deep, and their compassion is engaging. You were chosen to live vibrantly at your moment in history. Not only have you been given the job of living vibrantly, but you have also been fully equipped to live a vibrant and expansive life.
6 Days
C.S. Lewis said, “Aim at Heaven and you will get earth ‘thrown in.’ Aim at earth and you get neither.” In other words, what you do today because of what you believe about what happens after you die could change everything, forever. Start this Life.Church Bible Plan today to accompany Pastor Craig Groeschel’s new series, One Minute After You Die.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's