Ek het Timoteus juis om hierdie rede na julle toe gestuur – om julle hierin by te staan. Hy is my geliefde en betroubare kind in die Here. Hy sal julle herinner aan my Christelike optrede en onderrig, soos ek dit oral in elke gemeente doen. Toe dit lyk of ek nie meer na julle toe sal kom nie, het party van julle arrogant geraak. Ek daag egter sommer eersdaags by julle op, as die Here wil. Dan sal ek wel uitvind of hierdie arrogante persone maar net grootpraters is, en of hulle tog oor God se krag beskik. Want in die koninkryk van God gaan dit nie om blote praatjies nie, maar om ’n lewe in die krag van God. Wat verkies julle? Moet ek met ’n lat na julle toe kom, of in ’n gesindheid van liefde en vriendelikheid?
Lees 1 KORINTIËRS 4
Luister na 1 KORINTIËRS 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KORINTIËRS 4:17-21
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's