Broers en susters, ek wil hê julle moet goed verstaan wat destyds met ons voorouers in die woestyn gebeur het. God het hulle almal gelei deur middel van ’n wolk wat vooruit gegaan het. Hulle het almal veilig deur die see getrek. As volgelinge van Moses is hulle almal in die wolk en die see gedoop. En hulle het almal van dieselfde geestelike voedsel geëet en almal van dieselfde wonderwater gedrink. Want hulle het uit die wonderrots gedrink wat hulle vergesel het; en daardie rots was Christus. En tog was God met die meeste van hulle ontevrede en het Hy hulle in die woestyn laat omkom. Hierdie gebeurtenisse moet vir ons tot waarskuwing dien sodat ons nie na verkeerde dinge hunker soos hulle gedoen het nie.
Lees 1 KORINTIËRS 10
Luister na 1 KORINTIËRS 10
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KORINTIËRS 10:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's