1
DEUTERONOMIUM 11:19
Afrikaans 1983
“Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.
Vergelyk
Verken DEUTERONOMIUM 11:19
2
DEUTERONOMIUM 11:18
Hierdie woorde van die Here moet julle lewe vul. Julle moet dit as herinneringsteken vasbind aan julle hande en dit moet 'n merk op julle voorkoppe wees.
Verken DEUTERONOMIUM 11:18
3
DEUTERONOMIUM 11:13-14
“As julle al die gebooie wat ek julle vandag gee, stiptelik gehoorsaam en die Here julle God liefhet en dien met hart en siel, sal Hy vir julle land sy reën gee op die regte tyd, lente- en somerreëns, en julle sal koring, wyn en olie oes.
Verken DEUTERONOMIUM 11:13-14
4
DEUTERONOMIUM 11:1
“Julle moet die Here julle God liefhê en altyd sy opdragte gehoorsaam: al sy voorskrifte en bepalings en gebooie.
Verken DEUTERONOMIUM 11:1
5
DEUTERONOMIUM 11:26-28
Let op, ek hou julle vandag die seën en die straf voor: die seën sal kom as julle die gebooie van die Here julle God gehoorsaam, wat ek julle vandag gee; die straf sal kom as julle ongehoorsaam is aan die gebooie van die Here julle God en die pad verlaat wat ek julle vandag aangewys het en ander gode aanhang waarvan julle nou nog nie eers weet nie.
Verken DEUTERONOMIUM 11:26-28
6
DEUTERONOMIUM 11:20-21
Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte. Dan sal julle en julle nageslag lank, ja, so lank as die hemel en die aarde sal bestaan, bly woon in die land wat die Here met 'n eed beloof het om aan julle voorvaders te gee.
Verken DEUTERONOMIUM 11:20-21
7
DEUTERONOMIUM 11:16
“Pas op dat julle nie verlei word om ander gode te gaan dien en vereer nie
Verken DEUTERONOMIUM 11:16
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's