DEUTERONOMIUM 11:19
DEUTERONOMIUM 11:19 Bybel vir almal (ABA)
en julle moet hierdie dinge vir julle kinders leer. Julle moet oor hierdie dinge praat wanneer julle in julle huise sit en wanneer julle op die pad loop, wanneer julle lê en wanneer julle staan.
DEUTERONOMIUM 11:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan
DEUTERONOMIUM 11:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.
DEUTERONOMIUM 11:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Leer dit vir julle kinders deur daaroor te praat wanneer jy in jou huis sit en op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan.
DEUTERONOMIUM 11:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle moet julle kinders vir hulle leer deur van hulle te praat as jy in jou huis sit en as jy op pad loop, as jy gaan lê en as jy opstaan.