1
Jesaja 62:4
Die Boodskap
Daar sal nie meer van jou gepraat word as die vrou wat geskei het nie. Jou land sal nie langer ’n verlate stuk grond wees nie. Jy sal die Here se liefling genoem word. Jou land sal aan die Here verbind wees. Die Here het jou lief. Hy sorg vir jou land soos ’n man vir sy vrou sorg.
Vergelyk
Verken Jesaja 62:4
2
Jesaja 62:6-7
Ek het wagte op Jerusalem se mure uitgesit. Hulle moet dag en nag op die uitkyk wees. Hulle moet die Here sonder ophou aan sy beloftes herinner. Hulle mag nooit ophou nie. Hulle mag nooit kopgee nie. Hulle moet aanhou totdat die Here Jerusalem so herstel het dat die aarde oor hom kan sing.
Verken Jesaja 62:6-7
3
Jesaja 62:3
Die Here sal jou in sy hand hou soos ’n pragtige kroon wat ’n koning op sy kop sit.
Verken Jesaja 62:3
4
Jesaja 62:5
Die mense wat in jou woon, sal vir jou sorg. Dit sal wees soos ’n jongman wat met ’n meisie trou. Soos die bruidegom bly is oor sy bruid, so sal jou God oor jou bly wees.
Verken Jesaja 62:5
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's