1
SPREUKE 11:25
Afrikaans 1933/1953
Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.
Vergelyk
Verken SPREUKE 11:25
2
SPREUKE 11:24
Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.
Verken SPREUKE 11:24
3
SPREUKE 11:2
Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.
Verken SPREUKE 11:2
4
SPREUKE 11:14
As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.
Verken SPREUKE 11:14
5
SPREUKE 11:30
Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.
Verken SPREUKE 11:30
6
SPREUKE 11:13
Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.
Verken SPREUKE 11:13
7
SPREUKE 11:17
'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees.
Verken SPREUKE 11:17
8
SPREUKE 11:28
Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.
Verken SPREUKE 11:28
9
SPREUKE 11:4
Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood.
Verken SPREUKE 11:4
10
SPREUKE 11:3
Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.
Verken SPREUKE 11:3
11
SPREUKE 11:22
'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is maar sonder beleid.
Verken SPREUKE 11:22
12
SPREUKE 11:1
'N VALSE weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae.
Verken SPREUKE 11:1
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's