1
Prediker 4:9-10
Die Bybel 2020-vertaling
Twee is beter as een, omdat daar vir hulle 'n ruim beloning is vir hulle inspanning. Ja, as hulle val, kan die een sy maat ophelp; maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te help!
Vergelyk
Verken Prediker 4:9-10
2
Prediker 4:12
As iemand die een wil oorweldig – twee kan teen hom standhou. 'n Driedubbele koord word nie maklik gebreek nie.
Verken Prediker 4:12
3
Prediker 4:11
Ook as twee by mekaar lê, kry hulle warm; maar as daar net een is, hoe kan hy warm word?
Verken Prediker 4:11
4
Prediker 4:6
'n Handpalm vol rus is beter as 'n dubbele hand vol inspanning, en 'n gejaag na wind.
Verken Prediker 4:6
5
Prediker 4:4
Ek het gesien dat al die inspanning en al die kundigheid waarmee gewerk word, naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is sinloos en 'n gejaag na wind.
Verken Prediker 4:4
6
Prediker 4:13
'n Arm, maar wyse jong man is beter as 'n ou, maar dwase koning wat nie meer weet om op 'n waarskuwing ag te slaan nie
Verken Prediker 4:13
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's