PREDIKER 4:4
PREDIKER 4:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het gesien dat al die moeite wat mens doen vir sukses uit onderlinge afguns kom. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is 'n gejaag na wind.
PREDIKER 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gesien mense werk hard en hulle wil slaag. Hoekom? Omdat hulle jaloers is op mekaar. Ook dít is nie soos dit moet wees nie, hulle jaag wind.
PREDIKER 4:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het ek gesien dat al die moeitevolle arbeid en al die bekwaamheid by die werk naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is tevergeefs en 'n gejaag na wind.
PREDIKER 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het gesien dat al die inspanning en al die kundigheid waarmee gewerk word, naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is sinloos en 'n gejaag na wind.
PREDIKER 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Weereens het ek ag geslaan op alle moeitevolle arbeid en elke goeie werk, dat 'n man hieroor beny is op sy naaste. Dit is ook ydelheid en ergernis van gees.