1
Prediker 2:26
Bybel vir almal
God gee wysheid vir die mense van wie Hy hou. Hy leer vir hulle wat om te doen en Hy laat hulle die lewe geniet. Maar God gee vir die sondaars die werk om goed bymekaar te maak, en dan gee God daardie goed vir die mense van wie Hy hou. Ook dít is nie soos dit moet wees nie. Mense jaag wind.
Vergelyk
Verken Prediker 2:26
2
Prediker 2:24-25
Die beste wat 'n mens kan doen, is dat hy kan eet en drink en dinge kan geniet waarvoor hy hard gewerk het. Ek het gesien dat dit iets is wat God vir 'n mens gee. Niemand kan eet en geniet as God dit nie laat gebeur nie.
Verken Prediker 2:24-25
3
Prediker 2:11
Maar toe dink ek oor alles wat ek gedoen het, ek het gedink oor al my harde werk, en wat het ek toe uitgevind? Ek het uitgevind dat niks is wat dit moet wees nie, ek het wind gejaag. Jy kan nie wen in hierdie wêreld nie.
Verken Prediker 2:11
4
Prediker 2:10
Ek het alles gekry wat ek wou hê, ek het alles geniet wat ek wou geniet, want alles wat ek gedoen het, was vir my lekker. Ek kon alles geniet wat ek gedoen het, dít was die beloning wat ek gekry het vir al my werk.
Verken Prediker 2:10
5
Prediker 2:13
Ek het uitgevind dat dit beter is om wysheid te hê as om 'n dwaas te wees, dit is dieselfde soos lig wat beter is as donker.
Verken Prediker 2:13
6
Prediker 2:14
As iemand wysheid het, dan sien hy wat rondom hom gebeur. 'n Dwaas is soos iemand wat in die donker lewe. Maar ek het hierdie les geleer: Die dinge wat met een mens gebeur, gebeur met almal.
Verken Prediker 2:14
7
Prediker 2:21
Want iemand werk hard en hy gebruik sy wysheid, hy weet wat hy doen en hy doen dit goed, maar dan moet hy sy goed los vir 'n persoon wat nie hard gewerk het nie. Ook dít is nie soos dit moet wees nie, dit is baie verkeerd.
Verken Prediker 2:21
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's