1
ESEGIËL 18:32
Nuwe Lewende Vertaling
Ek wil nie dat julle doodgaan nie, sê die oppermagtige HERE. Draai terug en lewe!”
Vergelyk
Verken ESEGIËL 18:32
2
ESEGIËL 18:20
Die een wat sonde doen, word doodgemaak. ’n Kind sal nie vir die ouer se sondes gestraf word nie. En ’n ouer sal nie vir die kind se sondes gestraf word nie. Regverdige mense sal beloon word vir die goeie wat hulle doen. En slegte mense sal gestraf word vir die slegte wat hulle doen.
Verken ESEGIËL 18:20
3
ESEGIËL 18:31
Plaas al julle opstandigheid agter julle, en kry vir julleself ’n nuwe hart en ’n nuwe gees. Want hoekom wil julle sterf, mense van Israel?
Verken ESEGIËL 18:31
4
ESEGIËL 18:23
“Dink julle, vra die oppermagtige HERE, dat Ek daarvan hou om slegte mense te sien doodgaan? Natuurlik nie! Wil Ek nie veel eerder sien dat hulle omdraai van hulle slegte paaie en lewe nie?
Verken ESEGIËL 18:23
5
ESEGIËL 18:21
“Maar as slegte mense ophou om slegte dinge te doen en my voorskrifte begin gehoorsaam en doen wat goed en reg is, sal hulle verseker lewe. Hulle sal nie doodgemaak word nie.
Verken ESEGIËL 18:21
6
ESEGIËL 18:9
Hy lewe volgens my voorskrifte en is getrou aan my bepalings. So ’n persoon is regverdig. Hy sal waarlik bly lewe, sê die oppermagtige HERE.
Verken ESEGIËL 18:9
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's