ESEGIËL 18:21
ESEGIËL 18:21 Bybel vir almal (ABA)
“En wanneer iemand wat altyd verkeerd gedoen het, ophou om al die sondes te doen wat hy gedoen het en hy lewe dan soos Ek sê en hy doen reg, dan sal hy aanhou lewe, dit is seker, hy sal nie sterf nie.
ESEGIËL 18:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
ESEGIËL 18:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Maar die goddelose wat hom van al sy sondes bekeer, al my voorskrifte nakom, reg laat geskied en reg doen, sal bly lewe, hy sal nie sterwe nie.
ESEGIËL 18:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Maar die goddelose, as hy hom bekeer van al sy sonde wat hy gedoen het, en hy kom al my vaste voorskrifte na en doen wat reg en billik is – hy sal beslis leef; hy sal nie sterf nie.
ESEGIËL 18:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en doen wat reg en reg is, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.