Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 91:15

Onthou Alles Wat God Gedoen Het
5 Dae
Dit is vir ons 'n natuurlike neiging om na die toekoms te kyk, maar ons moet nooit van die verlede vergeet nie. Hierdie plan is geskep om jou oor 'n periode van vyf dae te herinner aan alles wat God gedoen het om jou die persoon te maak wie jy vandag is. Elke dag sal jy 'n Bybelgedeelte en 'n kort oordenking kry om die sleutelgebeurtenisse op jou reis met Christus te help onthou. Vir meer inhoud, gaan kyk by finds.life.church

Hoop Tydens 'n Wêreldwye Pandemie
5 Dae
Ons lewe tans in ongeëwenaarde tye op aarde. Geskiedkundig kon ons nog altyd hoop vind wanneer ons ons tot die Een wend wat alles gemaak het en wat Here van almal is. Wat sê die Bybel waarom hierdie dinge gebeur, wat is God se reaksie daarop, en wat is my hoop in lewe en dood?

Sewe Maniere om Jou Denke te Vernuwe
7 Dae
In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die meeste van ons kop eerste die wêreld binnegekom. Wanneer jou denke vernuwing ondergaan, sal jou lewe verander. Onthou, waarheen jou denke jou lei, volg jou lewe.

Vreesloos
7 Dae
Onthou jy nog hoe bang ons as kinders vir die donker was was? Nou is ons groot en lê ons begrip van die “nag” in dinge soos verhoudingsprobleme, huwelikskonflik, werksonsekerheid, vrees oor die toekoms ... Milanie Vosloo herinner ons vandag dat daar een plek is waarheen ons as volwassenes met ons vrese kan gaan en dit is in die arms van ons hemelse Vader!

’n Lewe van gebed
7 dae
“God seën die bidder wat met sy hele wese bid. Wanneer ons bid, dink ons helderder, verstaan ons beter en kan ons nugterder redeneer.” Dit is E.M. Bounds se aanmoediging vir jou om elke dag te bid. In hierdie sewe kort en kragtige gedagtes oor gebed herinner hy jou hoe belangrik gebed is wanneer jy Goddelike leiding soek om wyse besluite te neem.

Bemoediging Vir Vandag
10 Dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

Hoop wat kaalvoet loop
14 dae
Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.