Gratis leesplanne en oordenkings oor KLAAGLIEDERE 3:21
![Hoop vir die lewe](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F17468%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hoop vir die lewe
4 dae
Almal het hoop in die lewe nodig. Maar wat is hoop? En hoe gaan dit 'n verskil maak in my lewe as ek hoop het?
![Hartseer Stukkies: Hoop vir die Feestyd](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1964%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hartseer Stukkies: Hoop vir die Feestyd
5 Dae
Vir baie mense is die feestyd 'n tyd van groot vreugde ... maar, wat gebeur wanneer die feestyd sy sprankel verloor, en uitdagend geword het as gevolg van 'n diepe droefheid of verlies? Hierdie spesiale leesplan sal mense help wat deur verdriet gaan om vertroosting en hoop te vind vir hierdie feesdae; en om te wys hoe om 'n betekenisvolle feesseisoen te ervaar ten spyte van 'n diepe droefheid.
![Wanneer God Kon Maar Hy Het Nie](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F2964%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Wanneer God Kon Maar Hy Het Nie
5 Dae
Waar begin jy wanneer jy weet dat God kon maar Hy het nie? Hierdie 5-dag oordenking is geanker in die Woord van God en sal jou help om die krag te vind te midde van verpletterende moeilike tye.
![Hoop is 'n Persoon](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19103%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hoop is 'n Persoon
5 Dae
Wanneer ons alledaagse lewe verwoes word deur lewensveranderde ervarings dan voel ons vrees, angs, hartseer en teleurstelling en uiteindelik lei dit ons na wanhoop. Ons hoop en drome vervaag deur die harde werklikheid van die lewe. Hoop is egter nie net 'n kortstondige wens nie, Hoop is 'n Persoon!
![Sittend in Hartseer: 'n Oordenking Reis om Weer te Staan](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19799%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Sittend in Hartseer: 'n Oordenking Reis om Weer te Staan
5 Dae
Pyn. Verdriet. Angs. Woede. Verligting. Lamheid. Vrees. Vreugde. Daar is talle emosies wat ons voel wanneer ons deur die rouproses gaan. In hierdie 5-dag leesplan, sal ons sommige van die alledaagse praktiese aspekte wat by die rouproses betrokke is, ondersoek, alles terwyl ons help om God se teenwoordigheid te sien in 'n tyd waar dit dalk nie maklik is om te sien en te voel nie.
![Lewe Veranderd: Deur Jou Droefheid](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F33135%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Lewe Veranderd: Deur Jou Droefheid
5 Dae
Om 'n geliefde te verloor is hartverskeurend. Dit is 'n verskriklike pyn wat niemand kan verstaan nie, tensy hulle self in jou skoene gestaan het. Hierdie 5-dag leesplan is geskryf deur vroue wat self verlies ervaar het en wat jou wil help om troos en vrede in die Woord van God te vind. Hoewel hierdie leesplan jou nie kan help om die rouproses te versnel nie, glo ons dit sal jou help om jou daaglikse pyn te verduur en om jou hoop te gee.
![Tyd vir 'n nuwe bladsy!](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42902%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Tyd vir 'n nuwe bladsy!
5 dae
Dit is 'n nuwe jaar en ons kyk soos gewoonlik optimisties na die nuwe jaartal. Soms kwyn nuwe verwagtinge vroeg in die eerste kwartaal. Daarom is dit nodig dat ons vorentoe kyk, ons oë op Jesus vestig en agter Hom aanstap. Maak die blanko boek van 2024 oop en begin skryf op 'n nuwe bladsy!
![Tydelik](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F47555%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Tydelik
5 Dae
Het jy geweet? Elke persoon op aarde het ‘n vervaldatum. Op supermarkte se rakke kan ons elke produk se vervaldatum sien. Die produkte is tydelik op die rak. Ons weet egter nie wanneer dit óns beurt is nie. Ek en jy is tydelik op aarde. Wat doen ons in ons tydelikheid? Die beste van alles is dat probleme en uitdagings ook tydelik is, elkeen ook met sy eie vervaldatum!
![Liefde en Verlies](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F20389%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Liefde en Verlies
6 Dae
Het jy iemand wat jy liefhet deur die dood, 'n egskeiding of ander tragedie verloor? In Liefde en Verlies, lei Chuck en Ashley Elliott lesers om oor hul reis na te dink, om ongesiene eienskappe van droefheid te identifiseer en verlig die stappe om 'n nuwe raamwerk vir hul lewens te skep en hul lewens te herbou onderwyl hulle na die Skrif as bron van hoop en rigtinggewing verwys.
![Klaagliedere](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F21200%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Klaagliedere
6 dae
Klaagliedere is die "klaagmuur" van die Bybel, 'n versameling bedroefde gedigte wat by Jerusalem se begrafnis gelees word terwyl dit in die as gelê het nadat dit omvergewerp is. Reis daagliks deur Klaagliedere terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
![Streef Na Vrede](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3438%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Streef Na Vrede
7 Dae
"Tearfund" soek God se leiding oor hoe om 'n stem vir vrede, herstelde verhoudings en samehorigheid tussen gemeenskappe regoor die wêreld te wees. Hierdie 7-dag leesplan het daaglikse aksies om jou eie gebroke verhoudings te herstel en vir die wêreld waarin jy woon te bid. 'n Rykdom van Afrika spreuke help jou om God se ware vrede te vind.
![Treurende Met Hoop Na 'n Miskraam En Verlies Deur Adriel Booker](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F11642%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Treurende Met Hoop Na 'n Miskraam En Verlies Deur Adriel Booker
7 Dae
Hierdie oordenking is 'n uitnodiging om te voel, te worstel, ten volle bewus te wees in jou lyding na 'n miskraam of ander verlies. Dit is ook 'n uitnodiging om gekoester en verstaan te word en om van ander vroue te hoor dat die pyn beter word, selfs as ons verlang na die dag wanneer ons trane afgedroog sal word en die pyn nie meer daar is nie. Waar jy ook al op jou reis van hartseer is na die verlies van 'n baba — of enige ander persoonlike hartseer of lyding — bid ek dat hierdie woorde 'n weg na God se genade sal wees. Kom ons delf saam dieper.
![Meesterbrein](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F12614%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Meesterbrein
7 Dae
Dit is alles in jou kop. Maar wat as dit 'n goeie ding is? Ons gedagtes is meer as net 'n reaksie op wat in ons lewens gebeur — dit is 'n sterk krag wat ons vorm in wat ons is en ook wat ons kan word. Leer by alledaagse mense soos jyself hoe jy die kragtige waarheid van Romeine 12:2 kan gebruik om die meesterbrein in jouself te ontgin.
![Oorkom Die Monster Van Verdriet](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F15517%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Oorkom Die Monster Van Verdriet
7 dae
Verdriet is 'n werklikheid — en dit maak seer. Dit is nie iets wat jy kan ignoreer, begrawe onder die eise van die daaglikse lewe, of oornag weg wens nie. Jy moet daardeur werk. Wees verseker, jy kan jou verdriet oorkom. God verwag nie van jou om alleen daardeur te gaan nie — Hy belowe om elke tree van die pad saam met jou te wees.
![In die skadu van die Allerhoogste](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F22983%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
In die skadu van die Allerhoogste
7 dae
Die Allerhoogste bied vir jou sy genade en barmhartigheid aan. Hy wil na jou luister, met jou praat en in jou hart werk. Dit is so ’n groot aanbod: Genade om jou te help wanneer jy dit die nodigste het. Jy kan vandag op hierdie uitnodiging van die Koning van die konings reageer! Hierdie leesplan is saamgestel uit IN DIE SKADU VAN DIE ALLERHOOGSTE deur Chris Johnsen en Nancy Taylor.
![Lesse Uit My Tuin](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F16663%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Lesse Uit My Tuin
12 Dae
Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar gedagtes oor die kombinering van twee van haar grootste passies deel — tuinmaak en die Bybel.
![Hoop: 'n Studie in die Skrif](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F19472%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hoop: 'n Studie in die Skrif
12 Dae
1 Korintiërs 13:13 sê: "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!" Geloof, hoop en liefde is dié drie kenmerkende eienskappe van Jesus se volgelinge. Regdeur die Skrif word hierdie drie kenmerke saam gevind. Hierdie 12-dag leesplan vir vroue ondersoek die kern en die lewegewende krag van ons hoop in Christus Jesus.
![Hoop Is](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1253%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hoop Is
14 Dae
Ons wil almal glo dat iets beter voorlê. En God weet ons het meer as bloot geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het, is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag van hoop te ontdek, asook hoe dit ons siening van alles in ons lewens verander.
![Hoop Op God!](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F53488%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.
![Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F729%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
Ons Daaglikse Brood: Vind Troos ten Tye van Verlies
20 Dae
Ons hoop en bid dat die oordenkings wat volg jou hart sal verwarm en jou gees lig terwyl hulle jou lei om te leun op die Here, ons Herder en ons Leidsman deur die vallei van hartseer.
![121 Advent](/_next/image?url=https%3A%2F%2F%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1267%2F640x360.jpg&w=1920&q=75)
121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.