Wapenrusting van God预览

Wapenrusting van God

43天中的第10天

Lees: Efesiërs 6:10–18

SOAP: Efesiërs 6:13–14

"Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas."

Oordenking

Voordat ‘n Romeinse soldaat na die slagveld toe is, het hy doelbewus ‘n metaalharnas aangetrek om sy bors en rug te beskerm. Een strategiese hou van die vyand kon noodlottig wees indien hy nie sy hart beskerm het nie, of hom verlam indien hy nie sy rug beskerm het nie. Ons moet ook daagliks in ons gevegte waarvoor ons te staan kom ‘n borsharnas van geregtigheid aantrek.

Reeds toegerus met die gordel van waarheid as die basis van ons wapenrusting, is die borsharnas van geregtigheid ‘n noodsaaklike stuk wapenrusting vir ons beskerming. Ons moet ons harte beskerm met die wete dat ons met God versoen is. Selfs al verdien ons dit nie, ontvang ons Jesus se geregtigheid as ons ons vertroue in Hom plaas (lees 2 Korintiërs 5:21).

Om die borsharnas van geregtigheid aan te trek behels ook dat ons kies om regverdige lewens in ‘n wêreld vol sonde te lei. Wanneer ons Christene word, word ons nie net geregverdig nie, maar ons ontvang ook ‘n nuwe natuur, een wat daarna streef om ‘n heilige lewe te lei en ons hemelse Vader te verheerlik. Die betekenis van hierdie borsharnas word dus die beste as tweeledig verstaan: eerstens, die geregtigheid van Jesus wat ons as ‘n geskenk ontvang het, en tweedens ons regverdige lewe wat die vrug is van die Heilige Gees se werk in ons.

As ons die Heilige Gees bedroef deur ongehoorsaamheid aan God, versuim ons om hierdie borsharnas aan te trek en dan maak ons dit trouens baie maklik vir die Satan om ons te verwond. ‘n Vrou wat haar lewe met die borsharnas stewig in posisie leef, weer die vyand se maklike doodskote af. Wanneer ons die waarheid op ons lewens toepas, kan ons as gevolg van die geregtigheid van Christus, regverdig lewe.

Gebed

Liewe Jesus, help my om die gawe van u geregtigheid te verstaan en meer volkome daarin te glo. Help my om ‘n regverdige lewe te lei wat U verheerlik. Amen.

读经计划介绍

Wapenrusting van God

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend

More