Geanker in genade预览

Geanker in genade

12天中的第2天

Genade 

As dit nie vir God se genade was nie, sou jou foute en sonde veroorsaak het dat jy voortdurend gebuk gaan onder skuldgevoelens, want jy kan nooit aan God se standaarde voldoen nie. Jy kan nooit gehoorsaam genoeg aan Hom wees nie. Maar Jesus se kruisdood maak jou vry om in ’n wonderlike verhouding met God te staan. Deur sy genade kyk Hy na jou asof jy nog nooit gesondig het nie! Dit moet jou aanmoedig om ’n sondelose lewe te lei, nie uit skuldgevoel nie, maar omdat jy Hom liefhet. 

Lewe jy vanuit skuldgevoelens, of vanuit liefde? 

读经计划介绍

Geanker in genade

God bewys nie net genade aan jou elke keer as jy sondig nie, maar Hy vergewe jou en bewys elke dag, 365 dae ’n jaar, opnuut genade aan jou. Ontvang dit met ’n dankbare hart en wees daarom gereed om meer genade aan ander te bewys. Hierdie leesplan is saamgestel uit GEANKER IN GENADE.

More