YouVersion Logo
Search Icon

TYDSAAMSample

TYDSAAM

DAY 4 OF 5

Dag 4: Wag

Psalm 130:5-6 NLV: “Ek wag op die HERE, ek wag, en hoop op sy woord. Ek wag op die Here, meer as wagte wag op die môre, wag op die môre."

Wag. ‘n Baie kort woordjie wat uitmergelend is. Hoe lank? Daar is geen tydbeperking ingesluit in hierdie woord wat so baie in sy Woord herhaal word nie. Hoeveel keer het ek nie al uitgeroep na God nie?

Ek wag al jare vir sommige dinge máár die ironie is dat elke dag se gewag my naby aan Vader hou. Ek kan nie bekostig om ‘n sentimeter van Hom af weg te beweeg of elders asem te gaan soek nie. Lees die Woord en soek die meer as 3000 beloftes daarin!

Tydsaam. God is die maker van tyd. Hy stap saam ín en mét tyd. Maak seker dat jy tyd saam met Hom deurbring al wil jou kop bars van frustrasie omdat dit lyk asof niks gebeur nie. Moenie dat híérdie woord jou intimideer nie. God is in beheer!

Gebed: "Vader, ek gaan nie vrae vra nie. U sien en weet alles van my. Hou my tog naby u bors vas."

Day 3Day 5