TYDSAAMSample
Dag 2: Herlaai
Jesaja 40:31 NLV: “Maar dié wat hulle hoop op die HERE stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie."
Ons teksvers is baie bekend, soms té bekend sodat ons dit nie goed oordink nie. Om jou hoop op die Here te stel beteken om Hom te vertrou en te wag vir nuwe krag wat Hy vir jou sal gee. Dit sê vir my dat ‘n mens vir ‘n tydjie moet “inprop” en wag om verfris te word wanneer jy nuwe krag nodig het. Dít kan ‘n tydsame proses wees. Dit neem tyd om van kop tot tone te herlaai om nuwe krag en moed te verkry.
Waar "prop" ek in? Die beste “kragprop” is by Jesus se voete. Ek kan self uit eie ondervinding daarvan getuig. Die uitdagings op my pad het my keer op keer gelei na dié regte plek om te gaan herlaai.
Herlaai neem tyd — net soos jou selfoon vir ‘n hele rukkie ingeprop moet wees om weer optimaal te kan funksioneer.
Al ons elektroniese apparate laai tydsaam. Wanneer jy tyd saam met God deurbring word jy ook rustig, en nie gejaagd nie, herlaai. Jesus het nooit van plek tot plek gehardloop nie. Hy het baie tyd saam met mense deurgebring. Ons moet ook tyd saam met Hom deurbring.
Gebed: "Here, tyd saam met U is kosbaar. Ek besef dit nie altyd nie want die lewe maak my gejaagd. Ek wil tydsaam saam met U wandel. Leer my asseblief hoe om dit te doen."
Plaas ‘n herinneringsnota op jou foon om tyd te maak vir stilwees en om van tyd te vergeet.
Scripture
About this Plan
Die woord "tydsaam" beteken om nie haastig te wees nie, om ‘n stadiger tempo te handhaaf en om rustig te wees. Ons beweeg elke dag binne spasies van tyd — meestal vinnig en te besig om tyd saam met God deur te bring. Maar God beweeg saam met ons op sý tyd. Meestal tydsaam ...
More