YouVersion Logo
Search Icon

Nogtans sal ekSample

Nogtans sal ek

DAY 4 OF 7

Hoof

"Vriend, kry jou kop reg."

'n Nogtans-mentaliteit vereis van jou om reg te dink (Filippense 4:8). Jy lewe volgens jou denke; jy doen die dinge waarop jou gedagtes gerig is. Dink weer. Dink nuut. Dink reg. Iewers het ek eenmaal gehoor dat iemand gesê het: "Moenie aan jouself as 'n wurm dink nie; die duiwel vang vis met wurms." Om te faal beteken dat jy ontdek het hoe iets nie werk nie. Let altyd op na die binne-gesprekke wat jy met jouself het. Tel jou woorde, want woorde tel (Spreuke 18:20, 21). As jou kop reg is, sal jy jou mond reg inspan (Jakobus 3:2-12).

Day 3Day 5

About this Plan

Nogtans sal ek

Hoe kry 'n mens 'n vastrapplek wanneer dit vir jou voel asof jou wêreld uitmekaarval? Hoe maak jy en waarheen gaan jy wanneer dinge nie uitwerk soos jy gehoop het nie? Luister, jy kan waarlik God se hart vir jou vertrou. Moenie toelaat dat die storms aan die buitekant onstuimigheid in jou binnemens veroorsaak nie.

More