YouVersion Logo
Search Icon

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige GeesSample

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees

DAY 1 OF 7

Voorstel

1.Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep - mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.12 in ‘n reeks van 25 Bybelstudies.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus Oor God Die Heilige Gees Gesê Het

Die Skrifgedeeltes waarop gefokus word: Johannes 14:16-31 en Johannes 16:5-15

Vra die Heilige Gees om jou te leer. Die basiese vraag is: Here, wat wil U vir my uit hierdie spesifieke Skrifgedeeltes sê?

Besin oor die volgende Skrifgedeeltes aan die hand van drie vrae:

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte – bv. om te vergewe, in my verhouding met Hom te leef en te groei, gehoorsaam te wees? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3. Hoe kan ons dit wat ons uit hierdie gedeeltes ontdek het, integreer in ons lewens? (Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek vanuit hierdie Skrifgedeeltes bid?)

Van inligting tot gehoorsaamheid: Nadat jy Johannes 14:16-31 en Johannes 16:5-15 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. Is daar iets wat in jou lewe in die lig van hierdie Skrifgedeeltes moet verander? Wat is daar wat jy in die komende week moet doen na aanleiding van hierdie Skrifgedeeltes? Hoe kan jy 'n seën vir ander mense om jou wees? Wees baie spesifiek.

Day 2

About this Plan

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees

Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.

More