Wat Jesus Gesê Het Oor GebedSample
Merkwaardige uitsprake van Jesus oor gebed
Eerstens, word 'n paar minute stil en vra die Heilige Gees om deur hierdie gedeeltes met jou te praat. Vra Hom om jou te wys wat Hy aan jou wil openbaar.
Geloof en twyfel: "Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra" (Matteus 21:21-22).
Vul jouself met die Woord: "As julle in My bly en My woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry" (Johannes 15:7).
Daar moet geestelike eenheid wees wanneer ons bid: "Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal My Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in My Naam saam is, daar is Ek by hulle" (Matteus 18:19-20).
Volhard in gebed. "Jesus het vir hulle ’n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ’n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word" (Lukas 18:1).
Oordink die volgende vers vir 'n paar minute of anders gestel: Laat die volgende vers ‘n paar minute lank met jou praat: "As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon" (Hebreërs 11:6).
Vraag: Wat is daar wat vir jou uitstaan in hierdie Skrifgedeeltes? Wat is daar wat in jou daaglikse lewe moet verander sodat jou gedrag en dit wat jy bid in lyn sal wees met hierdie Skrifgedeeltes? Wat is daar wat in jou lewe moet verander of wat jy moet implementeer?
Prakties: Vir wie kan jy gaan vertel wat jy hierdie week oor gebed geleer het?
About this Plan
Gebed en die Bybel is die twee mees fundamentele maniere waarop Christene met God kommunikeer. Mense soek na 'n dieper verhouding met God. Mense wil met God praat. God het ons gemaak om met Hom te praat en Hy wil graag met ons praat. Hierdie leesplan fokus op enkele aspekte van gebed wat belangrik is vir dissipels en dissipelmakers.
More