YouVersion Logo
Search Icon

Wat Jesus Gesê Het Oor GebedSample

Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed

DAY 2 OF 7

Jesus het gesê: "Vra en Ek sal vir julle gee."

Jesus het gesê: "Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word" (Matteus 7:7-8).

Deur gebed ontmoet ons God van aangesig tot aangesig. Gebed is waar ek met God praat oor dinge wat vir ons albei saak maak en saam met God werk vir die redding en herstel van die wêreld. Gebed is om voor God te staan met mense se behoeftes en om op grond van sy beloftes vir daardie behoeftes te pleit. Gebed is God se manier om genesing, herstel, verlossing, redding en seën vir mense te bewerkstellig. Daarom is gebed 'n voorreg en 'n verantwoordelikheid.

Gebed begin met 'n gevoel van uiterste hulpeloosheid. Die hulpelose mens roep uit na God en pleit by Hom om tot aksie oor te gaan. Gebed is wanneer ek vir God sê die uitdagings is bo my vermoë. Daarom, wanneer ek bid, roep ek die Een aan wat die menslik onmoontlike kan doen.

Besin oor die volgende stelling: Gebed is nie ‘n poging om God se onwilligheid om ons te help te oorkom nie, maar om gebruik te maak van sy gewilligheid om ons te help.

Vra die Heilige Gees wat Hy jou wil leer oor gebed. Onthou, dit is God wat vir ons sê en vra om te bid. Kyk mooi na Jesaja 45:19 AFR53: "Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: 'Soek My tevergeefs' nie."

Scripture

Day 1Day 3

About this Plan

Wat Jesus Gesê Het Oor Gebed

Gebed en die Bybel is die twee mees fundamentele maniere waarop Christene met God kommunikeer. Mense soek na 'n dieper verhouding met God. Mense wil met God praat. God het ons gemaak om met Hom te praat en Hy wil graag met ons praat. Hierdie leesplan fokus op enkele aspekte van gebed wat belangrik is vir dissipels en dissipelmakers.

More