Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en WêreldbeskouingSample

Die sin van die lewe: Wat gebeur wanneer ons sterf?
’"n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel" (Hebreërs 9:27).
Uit hierdie vers leer ons ten minste drie dinge:
1. Daar is lewe na die dood.
2. Ons leef net een keer — daar is geen reïnkarnasie nie.
3. Ons almal sal deur God geoordeel word nadat ons gesterf het.
Lees Openbaring 22:1-5. Dit beskryf die bestemming van die Christen.
Die Bybel het egter meer te sê oor die lewe na die dood. Lees ook Openbaring 20:11-15.
So dikwels vermy mense hierdie vraag oor die lewe na die dood. Ateïste, totaal gesekulariseerde mense en humaniste beweer hierdie vrae is irrelevant. Hulle glo dat hierdie lewe al is wat daar is. Maar dit is nie regtig die waarheid nie. Baie ateïste is eintlik "morele ateïste" — dit beteken dat hulle verkies om nie te glo nie, want dan kan hulle doen wat hulle wil, en niemand kan hulle aanspreeklik hou vir wat hulle doen nie. (Nie alle ateïste is morele ateïste nie).
Vraag: Wat is daar in jou lewe wat nie sin maak nie. Praat met jou groep daaroor. Bid daaroor. Vra die Heilige Gees om uit die Woord met jou te praat.
About this Plan

Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.
More
Related Plans

Starting Fresh in Dating: Renewing Communication for the New Year

Worship, War, and Wisdom: Church Planting Lessons From David

UNPACK This...Super Bowl LIX

She Believed She Could: A 5-Day Journey to Overcoming Limiting Beliefs

Trail Builders: Riding Together in Discipleship

Advance With the Power of Faith

Journey Through the Gospel of Luke

5 Ways to Grow in Faith With Your Partner This Year

In the Arms of Grace: Seeing Jesus Through the Eyes of Mary Magdalene
