Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige GebedSample
Ses maniere om te bid
As jy 'n internetsoektog oor "hoe om te bid" sou doen, sou jy honderde, indien nie duisende, menings, praktyke en beginsels oor gebed vind. Daar is nie een regte manier om te bid nie, maar hier is 'n paar nuttige riglyne:
Bid op geskeduleerde tye en spontaan
Dit is belangrik om geskeduleerde tye saam met God te hê, asook spontane oomblikke. Die Skrif moedig ons aan om sonder ophou te bid (1 Tessalonisense 5:17). Waar jy ook al kan, hoe jy ook al kan, bid!
Bid alleen en saam met ander
Wanneer ons sukkel om God se stem te hoor, is dit nuttig om vriende te hê wat saam met ons kan bid. In die Bybel sien ons hoe God mense individueel in gebed ontmoet (Matteus 6:6), terwyl hulle saam met mekaar bid (Matteus 18:20) en gesamentlik as kerk bid (Handelinge 2:42).
Bid stil en hardop
Spreek jou gebede hardop uit, selfs wanneer jy alleen bid. Dit kan meer soos 'n werklike gesprek voel, en jy het meer verbindingspunte met jou woorde soos jy dit dink, praat en hoor.
Bid met jou verstand en liggaam
In die Bybel sien ons voorbeelde van mense wat bid terwyl hulle met hul gesigte na onder op die grond lê, kniel, sit, staan, of met hande omhoog gehef. Verandering van postuur kan ons help om teenwoordig te bly en met God in gebed te verbind.
Bid jou eie woorde en dié van ander
Gebed is soms 'n oorvloei van ons eie gedagtes en begeertes soos ons dit teenoor die Vader uitdruk; maar regdeur die kerk se geskiedenis, het gelowiges ook gebede gebid wat deur ander geskryf is (soms genoem liturgie). Die gebed van die Psalms of die Ons Vader is voorbeelde hiervan in die Bybel.
Bid terwyl jy asemhaal
Dit word deur baie mense "asemgebede" genoem en is 'n praktyk wat ontwerp is om te help fokus op frases van waarheid uit die Skrif: een op die inaseming, dan 'n ander op die uitaseming, en dit aan die Heilige Gees oorlaat om die spasies in te vul, net soos Hy belowe het om te doen (Romeine 8:26).
Gebed
"Ek glo (asem in). Help my ongeloof (asem uit)."
"U is nou by my (asem in). Dankie (asem uit)."
"Ek voel onsigbaar (asem in). Dankie dat U my sien (asem uit).”
"U het my liggaam gemaak (asem in). Ek sal dit eer en versorg (asem uit)."
"Dit is moeilik (asem in). Ek sal wag om u hand daarin te sien, Here (asem uit). Amen."
About this Plan
Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedigheid te bid.
More