YouVersion Logo
Search Icon

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige GebedSample

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

DAY 1 OF 6

Gebed is dié prioriteit

In Matteus 9:37-38 het Jesus gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes.”

Die woord vir "uitstuur" in Grieks beteken om "uit te gaan". Propel Women is op hierdie vers gebaseer. Terwyl ons dus probeer om ons gebede aan te wakker, gaan ons presies doen wat Jesus beveel het: ons gaan tot die Here van die oes bid om werkers – om ons te dryf – in sy oes uit te stuur. Die oes is volop. Die geleentheid vir God se koninkryk om vooruit te gaan, is hier en nou. Wat is die sleutel om dit te sien gebeur? Gebed!

Gebed beteken eenvoudig om met God te praat. Dit kan gesprek wees wat saggies in jou hart of hardop gebeur. Dit kan alleen of in 'n groep gebeur. Dit kan gebeur met ons voete stewig op die grond geplant, of duisende meters in die lug. Hier isegter die wonderlike ding: Terwyl ons bid, sal God luister, praat en reageer.

Die God van die heelal wil van jou hoor. God het nie net 'n gesprek begin en ons genooi om met Hom in gebed te praat nie, maar Hy integreer ook ons gebede in die werke wat Hy in die wêreld doen!

Waar jy ook al is, ongeag jou agtergrond, ongeag jou invloedsfeer – op die markplein, as tuisblyma, 'n uitvoerende hoof, 'n dokter, 'n onderwyser, 'n student, 'n prokureur of kunstenaar – is gebed die primêre plek waar God se werk en jou werk in hierdie wêreld bymekaarkom. Terwyl ons bid, het God belowe om berge te versit, fondamente te skud en die groot oes te bereik van mense wat Hom nog nie leer ken het nie. God het dit so gemaak dat ons geringe gebede 'n ewige, koninkryksgrootte verskil maak! God verander die wêreld deur sy mag en deur ons gebede!

Gebed

"Here, ek bid dat dit 'n jaar is waarin ek U in krag sien beweeg om mense na U toe te bring. Mag daar, volgens u Woord in Matteus 9:37-38, meer arbeiders in die oes gestuur word as ooit tevore. Laat die dae wat voorlê, gekenmerk word deur 'n groot oes, alles vir u heerlikheid en die vooruitgang van u koninkryk hier op aarde. Ek verbind my ook aan U noudat ek deel daarvan sal wees. Amen.”

Day 2

About this Plan

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedigheid te bid.

More