21 Dae Vas en GebedSample
Handelinge 13 is ’n keerpunt in die Nuwe Testament, want dit is begin van Paulus se bediening. Tot en met die einde van Handelinge 12 was Lukas, die skrywer van Handelinge, se aandag op Petrus gefokus en nou draai dit na Paulus toe. Paulus het die taak om die goeie nuus oor Jesus ook met die nie-Jode te gaan deel.
Dit is verstommend dat die feit dat die gemeente gevas het amper terloops genoem word. So asof dit ’n normale praktyk in die kerk van die Nuwe Testament was – en dit was. Daar is ’n Bybelse patroon van gemeentes wat saam vas en bid.
Vas is nie ’n manier om iets by God te kry nie. Dit is nie ’n transaksie nie, maar gaan oor jou toewyding aan die Here en ’n verdieping in jou verhouding met Hom. Vas is nie ’n geestelike gewigsverliesprogram nie. Dit is nie 'n manier om ’n punt te bewys of mense te beïndruk nie. Net so is dit ook nie iets vir spesiale geleenthede en fanatiese persone nie.
’n Bybelse vas het die volgende voorbeelde en doelwitte:
- Verdiep jou in gebed en word versterk (Neh 1:4)
- Soek God se leiding (Rigt 20 & Hand 14:23)
- Oorkom versoekings en gewoontesondes(Luk 4:1-11)
- Betuig jou liefde en aanbidding aan die Here (Luk 2:37)
- Verneder jou voor die Here en volg Hom opnuut (Ps 35:13)
Daar is ook ander redes waarom daar gevas word. Sommige van dié is egter beperk tot die Ou Testament, bv. om te rou (2 Sam 1:11-12, Rigt 20:26) en die Here se beskerm te vra (2 Kron. 20:3-4, Esra 8:21-23).
Vas is ’n algemene manier waarop kinders van God in die Nuwe Testament die Here gesoek het. Die doel van vas is essensieel om iets vir ’n tydperk lank prys te gee om op jou verhouding met die Here te fokus.Handelinge 13 is ’n keerpunt in die Nuwe Testament, want dit is begin van Paulus se bediening. Tot en met die einde van Handelinge 12 was Lukas, die skrywer van Handelinge, se aandag op Petrus gefokus en nou draai dit na Paulus toe. Paulus het die taak om die goeie nuus oor Jesus ook met die nie-Jode te gaan deel.
Scripture
About this Plan
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za
More