YouVersion Logo
Search Icon

21 Dae Vas en GebedSample

21 Dae Vas en Gebed

DAY 11 OF 21

Gebed is ’n geloofsaksie. Dit is om met God te praat, met Hom te kommunikeer. Hebreërs 11:6 leer ons dat om tot God te nader verg geloof – dit is die vertroue dat Hy daar is, na ons luister en ons beloon.

Jakobus, die halfbroer van Jesus, meld drie keer die belangrikheid van die verband tussen geloof en gebed (Jak 1:5-8, 4:2-3 en 5:13-18). Hy gebruik uiteindelik Elia as voorbeeld, maar nie omdat Elia ’n spesiale profeet was nie. Nee, hy meld baie spesifiek in hoofstuk 5:17a: "Elia was 'n mens net soos ons."

Elia het eerder ’n voorbeeld gestel van hoe ons ’n gebed van geloof, of dan ’n geloofsgevulde gebed, kan bid. Hy het God se Woord geglo en dit gespreek. Ook het hy vir God gevra om Sy Woord te hou of na te kom. Dit is die patroon van ’n gebed van geloof: Glo God se Woord, spreek dit en vra Hom om Sy Woord te hou.

Dit is wonderlike nuus, want ons almal kan God se Woord nog beter leer ken en nog meer ruimte in ons lewens skep vir gebed. Dit beteken ons kan in ons gebedslewe groei.

Day 10Day 12

About this Plan

21 Dae Vas en Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-vas-en-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal meer leer oor vas (Wat is vas? Hoekom vas ons? Wat is die voordele van vas?), en dit sal jou ook help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More