Advent: Wat beteken dit?Sample

Dag 4: Vreugde
Job 8:21 “Hy sal jou weer vreugde gee, jou van blydskap laat jubel." (NLV)
Filippense 4:4 “Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: ‘Wees bly’.” (NLV)
Daar is verskeie plekke in die Bybel waar ons van vreugde kan lees. Die eerste teksvers is kort maar kragtig. Toe Job behoorlik getoets was deur God, was hierdie vers ‘n belofte aan hom, nog vóór Jesus se koms. Dit is 'n bewys aan ons dat dit is wat God vir ons wíl gee. Vreugde groei vanuit ‘n innerlike blydskap wat in geloof gewortel is.
Vreugde gaan ook gepaard met emosie, ‘n gevoel van konneksie, energie en betekenis — jou hart voel sommer warm! Met Jesus se koms was vreugde ‘n eienskap van sy karakter. Jesus het vertel van die ewige lewe en dat elkeen wat in Hom glo dit sal verkry. Dus het sy geboorte ‘n leemte kom vul.
In Filippense is dit weereens duidelik gestel dat vreugde gepaard gaan daarmee om aan die Here te behoort. Met Kersfeestyd ervaar ons ook vreugde deur saamwees, omdat elkeen van ons aan Hom behoort. Vreugde is aansteeklik en wanneer vreugde vanuit jou binneste borrel, verander dit sommer die atmosfeer rondom jou!
Jesus ís die Vreugde wat ons benodig om vir die wêreld te wys dat Hy leef.
Gebed: Here Jesus, dankie dat U vreugde binne in ons plant. Ons wil graag U ambassadeurs wees.
Onthou dat vreugde nie net ‘n emosie is nie. Dit is ‘n diep ervaring wat ons van binne af saam dra tot seën vir die wêreld om ons.
Scripture
About this Plan

Advent: ‘n verwagting, iets wat gaan kom. Jy tel die dae totdat dit gebeur. God wou ons verras; om ‘n “geskenk” te stuur — Jesus! Voor Sy geboorte, het profete reeds voorspel dat iets deur God gestuur gaan word, 'n “takkie” vanuit koning Dawid se stamboom. Tradisie word soms steeds gevolg deur die gebruik van kerse wat hoop, vrede, vreugde en liefde verteenwoordig.
More
Related Plans

Acts 19:23-41 | Living for Christ in a Confused World

When Grief or Loss Hits Like a Wave

Boundaries: A Biblical Perspective

I Said Yes to Jesus: A 5-Day Journey to Take Your Next Steps in Faith by Youth Alive Australia

Women of the New Testament

Seeing With Your Ears

The Cultivation of Consistency

Perfectly Imperfect | Discovering Grace When Perfect Isn’t Possible, a 7-Day Devotional by Jacques McNeil

Sent With Purpose
