Advent: Wat beteken dit?Sample
Dag 3: Vrede
Lukas 2:14 “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde in wie Hy welbehae het.” (NLV)
Matteus 5:9 “Gelukkig is die vredemakers want God sal vir hulle sê ‘julle is my kinders’.” (NLV)
Die eerste teksvers is omvattend — hemel en aarde verbind aan mekaar. Wat is vrede werklik? Sommige mense sê dit is ‘n rustigheid wat beleef word. Ander sê weer dat hul vredevol wil leef, in harmonie. Vrede is ook ‘n geskenk van God, Hy wil dit vir ons hê! Vrede is God se asem wat oor ons geblaas word, ‘n gevoel van sagte ruimte in jou binneste, met geen warboel teenwoordig nie.
Elders in die Bybel word Jesus selfs genoem "die Prins van vrede", daarom kan ons hierdie tyd van die jaar vrede vier, want Vrede het gekom! Dit is soos ‘n versoening met God en ook bemagtiging om vrede sigbaar uit te leef. Het jy al opgelet dat tydens Desembermaand dit amper voel asof alles om jou bedaar, daar is iets in die lug wat lekker voel en dat fees gevier moet word.
Vrede is die tweeling van asem … vars en sag, ‘n onbeperkte hoeveelheid vir jou en vir my.
Gebed: Here, wat ‘n wonderlike wete dat U die Vredevors is en dat U vrede my omvou. Help my om te onthou dat ek enige tyd kan "inskakel" na Bo om die roering van U asem in my hartkamers te voel.
Mag vrede die wortel voor jou neus wees, sodat jy dit sal najaag omdat jy kind van God is.
Scripture
About this Plan
Advent: ‘n verwagting, iets wat gaan kom. Jy tel die dae totdat dit gebeur. God wou ons verras; om ‘n “geskenk” te stuur — Jesus! Voor Sy geboorte, het profete reeds voorspel dat iets deur God gestuur gaan word, 'n “takkie” vanuit koning Dawid se stamboom. Tradisie word soms steeds gevolg deur die gebruik van kerse wat hoop, vrede, vreugde en liefde verteenwoordig.
More