YouVersion Logo
Search Icon

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te VierSample

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

DAY 4 OF 8

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Vandag is heilige Woensdag. Op heilige Woensdag onthou ons toe beide die getroue Maria en verraderlike Judas, vir Jesus voorberei om te sterf.

Na 'n toenemend openbare reeks uitdagings aan beide Rome en die tempelstelsel, glo die hooggeplaaste godsdienstiges dat Jesus 'n bedreiging vir hulle koninkryk en godsdiens is (Johannes 11:48). As Jesus nie doodgemaak word nie, glo hulle sal Rome kom en die bietjie mag wat hulle oorhet, van hulle afneem en die tempel vernietig (Johannes 11:50; Matteus 26:3-4). Deur te glo dat dit beter is vir een man om te sterf as dat 'n hele volk verlore gaan, beraam die hooggeplaaste godsdienstiges hul finale planne om Jesus dood te maak.

Intussen bring ’n vrou met die naam Maria, ’n fles egte nardusolie ter waarde van 300 silwerstukke (of ’n jaar se salaris), kraak dit oop, giet dit oor Jesus se kop en voete uit en vryf sy voete met haar hare droog (Johannes 12:3). Dit is nie net oordadig nie, maar ook sosiaal ongemaklik en vernederend. Geskok praat Judas namens die dissipels. Hy noem Maria se vertoning 'n verkwisting en voer aan die nardusolie kon verkoop en die geld op die armes bestee word (Johannes 12:4-5; Matteus 26:8-9). Jesus maak Judas egter stil en sê vir die dissipels dat Maria die regte ding gedoen het. Hy sê: "Die armes sal julle altyd onder julle hê, maar My sal julle nie altyd hê nie" (Matteus 26:11).

Jesus verwerp nie sorg vir die armes met hierdie stelling nie, Hy beklemtoon die waarde van wat Hy gekom het om te doen. Soos die hooggeplaaste godsdienstiges gesê het, is die enigste manier om God se volk te red, as Hy vermoor word. Maria verstaan dat Jesus moet sterf, daarom balsem sy hom vooraf. Vir haar is dit geen "vermorsing" om haar kosbaarste besitting aan te bied as dit Jesus voorberei vir die begrafnis wat God se volk sal red nie (Matteus 26:12). Judas besef egter Jesus is nie meer vir hom van waarde nie. Hy sluip dus weg en sê vir die hooggeplaaste godsdienstiges dat hy Jesus sal verraai vir 'n tiende van wat Maria uitgegiet het (Matteus 26:14-15).

Vreemd genoeg is almal in hierdie verhaal besig om voor te berei vir Jesus om te sterf. Die hooggeplaaste godsdienstiges bied omkoopgeld aan om Jesus makliker gevange te neem. Judas verraai Jesus vir nog 'n maand se uitgawes. Maria berei Hom voor om in 'n graftombe neergelê te word. Nog vreemder, glo almal dat Jesus moet sterf om hulle te red. Judas het gedink Jesus se dood sou sy finansiële situasie red. Die hooggeplaaste godsdienstiges het gedink dat Jesus se dood Rome sou verhoed om swaarder laste op hul nekke te lê.

Heilige Woensdag is goeie nuus, want Jesus kondig aan dat sy dood God se volk nie van Rome of armoede sal red nie, maar van die dood self (Johannes 11:51-52). Maria het pas gesien hoe Jesus haar broer uit die dood opwek (Johannes 11:43-44). Sy hoop as Jesus sterf, dat God se volk van die dood gered sal word. Jesus is haar kosbaarste besitting waardig omdat Jesus die mag het om die ewige lewe te gee aan almal wat daarvoor vra.

Ek bid dus dat jy op hierdie heilige Woensdag sal aanvaar dat Jesus moes sterf om sy volk vir ewig van die dood te red.

Day 3Day 5

About this Plan

Paasfees verduidelik: 'n 8-dag Gids om die Heilige Week te Vier

Oor die afgelope 1 600 jaar, herdenk Christene regoor die wêreld die laaste dae van Jesus se lewe gedurende die "heilige week". Hierdie 8-dag leesplan sal verduidelik wat op elk van Jesus se laaste dae gebeur het en waarom dit plaasgevind het, alhoewel dikwels tragies, is dit tog uiteindelik goeie nuus. Daar sal elke dag 'n kort leesstuk uit 'n psalm, een van die Ou Testamentiese profete en 'n paar verse uit die Nuwe Testament wees. Daar sal ook 'n kort oordenking wees om jou deur daardie gedeeltes te lei om die diepsinnige van Jesus se laaste dae op aarde te besef.

More