YouVersion Logo
Search Icon

’n Nuwe seisoenSample

’n Nuwe seisoen

DAY 5 OF 7

Balans

Volgens die profeet Jesaja sou Jesus soos ’n loot uitspruit, soos ’n plant wat wortelskiet in droë grond. As Seun van God was Hy ook Seun van die mens, en dus begin sy bediening eers as volwassene. Alhoewel Jesus onderdanig was aan sy aardse ouers, is dit duidelik uit die voorval toe sy ouers Hom op twaalfjarige ouderdom verloor het, dat Hy sy hemelse Vader eerste gestel het. Hulle intieme verhouding was veral opmerklik gedurende sy bedieningsjare toe Hy vroeg opgestaan of op afgeleë plekke gaan bid het.

Sedert die telekommunikasie rewolusie probeer ons 24/7 beskikbaar wees; daarom leef ons met onrealistiese verwagtinge van onsself en basies alle ander mense. Om met die beperkings van ons fisieke liggaam, emosionele vermoëns, knap begroting en ’n 24-uur-dag aan die eise van die gesin, die gemeenskap, die kerk en ons werk te probeer voldoen, is inderdaad stresvol.

Martin Luther het gesê: “Ek het vandag so baie om te doen dat ek die eerste drie ure saam met die Here moet deurbring.” Ek glo dit is die sleutel tot ’n gebalanseerde lewe: om God eerste te stel, veral op besige en veeleisende dae.

Here, bring die fisieke, emosionele, sosiale en geestelike aspekte van my lewe in ’n Bybelse balans, want ek wil ’n gesonde lewenstyl handhaaf; geseënd om tot seën te wees. Amen

Scripture

Day 4Day 6

About this Plan

’n Nuwe seisoen

Hier op die drumpel van ’n nuwe jaar of nuwe tydperk kan die reis wat voorlê oorweldigend voel. Aangesien die besturing van die onbekende stimulerend én uitputtend kan wees, is dit belangrik dat God ons eerste prioriteit bly. Verál as ons enige verandering effektief en van harte wil aanpak. Hierdie 7 dag leesplan deur Suria Scholtz is ideaal vir tye van nuwe uitdagings en nuwe geleenthede.

More