YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

’n Nuwe seisoenSample

’n Nuwe seisoen

DAY 4 OF 7

Lewensingesteldheid

Hierdie gedeelte herinner my altyd aan die verhaal van die twee bergbokke wat op ’n smal lysie tussen twee berghange teenoor mekaar te staan gekom het. Aan die een kant was ’n diep kloof en ’n steil rots aan die ander kant. Hulle kon nie omdraai nie en dit was te gevaarlik om agteruit te stap. Onseker van wat om te doen, het die twee bergbokke lank roerloos vir mekaar gestaan en kyk. Totdat een bok, in plaas daarvan om te baklei vir sy reg om die paadjie te gebruik, gaan lê en homself so plat moontlik gemaak het. Dit het die ander bok in staat gestel om bo-oor hom te loop. Albei het hul bestemmings veilig bereik.

Wat ’n pragtige illustrasie van die gesindheid wat Christus so ryklik aan ons kom illustreer het. Al was Hy God se gelyke, het Hy nederig elke reg en voorreg laat vaar. Om soos Christus te word, het ons die Heilige Gees nodig om ons gedagtes te vernuwe en ons houding te verander. Met hierdie nuwe lewensingesteldheid kan ons onselfsugtig ander as beter as onsself sien.

Here, ek wil dieselfde lewensingesteldheid hê as wat Christus Jesus op aarde gehad het – sy nederige diensbaarheid en radikale gehoorsaamheid my barometer. Maak my sensitief vir u wil en verlos my van die wêreldse riglyne vir sukses en prestasie. Wys my hoe om my naaste liefdevol te dien en te help. Amen

Day 3Day 5

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy