YouVersion Logo
Search Icon

Geloof vir elke dagSample

Geloof vir elke dag

DAY 4 OF 5

Toe Paulus sy briewe geskryf het, het hy sy woorde baie goed gekies. Hy het dikwels op so ’n manier geskryf dat hy prentjies in sy lesers se gedagtes kon skep. Vandag se Bybelvers kom uit Paulus se brief aan sy gelowige vriende in Korinte.

“Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk!” Paulus se woorde skep die beeld van God se leër wat vas bly staan voor die vyand wat op hulle afstorm. In plaas daarvan om weg te hardloop, bly die soldate staan en hulle veg teen die vyand. Die soldate bly sterk en dapper.

Paulus se vriende het swaargekry omdat hulle in Jesus geglo het. Mense het hulle gehaat omdat hulle vir Jesus lief was. Daar­om het Paulus, deur sy woordprentjies, vir hulle gesê hulle moet waaksaam wees en die moeilikheid raaksien. Dan moet hulle vas bly staan in wat hulle glo, in plaas daarvan om weg te hardloop. Hulle moes moedig en sterk wees.

Dit is hoe alle Christene behoort te leef wanneer moeilike tye ons geloof wil steel. Ons moet onsself sien as God se soldate, ge­reed om die geveg van die lewe met dapperheid en moed aan te pak.

Wat van jou? Is jy ’n soldaat in God se leër?

Here, help my om gereed te wees wanneer die probleme my tref. Seën my met moed. Maak my geloof sterk sodat ek kan opstaan en veg vir wat reg en waar is. Amen.

Day 3Day 5

About this Plan

Geloof vir elke dag

Jesus sê selfs ’n klein bietjie geloof kan groot dinge vermag (Matt. 17:20; Luk. 17:6). Hierdie 5 oordenkings is ideaal vir laerskolers op hul eie of vir ouers om saam met hulle kinders te lees. Dit sal hulle herinner dat wanneer jy net ’n klein bietjie geloof het, jy God kan vra om jou geloof groter en sterker te maak. Dan kan God regtig in jou en deur jou werk!

More