YouVersion Logo
Search Icon

Geloof vir elke dagSample

Geloof vir elke dag

DAY 3 OF 5

Hoe kan ons ons in Jesus anker en op Hom bou?

Eerstens, onthou dat Jesus in ons woon. Om by iemand te woon, beteken julle bring tyd saam deur. Maak gereeld tyd om Jesus en sy wil beter te leer ken.

Tweedens, onthou dat sterk wortels ’n boom goed anker. Wan­neer die boom se wortels diep in die grond af groei, sal dit die boom ondersteun en anker. Ons “wortels” word sterk wanneer ons bid en die Bybel bestudeer.

Derdens, glo wat jy in die Bybel oor Jesus leer en wat ander mense jou oor Hom leer. Hulle woorde, of die voorbeeld wat hulle deur hulle lewe stel, maak jou geloof sterker.

Laastens, sê vir God dankie. In goeie tye is dit vir ons maklik om dankbaar te wees. Selfs wanneer die lewe moeilik is, laat dit ons altyd beter voel wanneer ons vir God sê hoe dankbaar ons is.

Dit is hoe ons ons stewig in Jesus anker: deur te bid, die Bybel te lees, die Here saam met ander gelowiges beter te leer ken en elke dag dankbaar te wees.

Lei my, Here. Voed my en anker my geloof sterk in U. Lei my na mense toe wat my sal leer wat u wil is. Here, herinner my dan elke dag aan wat ek geleer het. Amen.

Day 2Day 4

About this Plan

Geloof vir elke dag

Jesus sê selfs ’n klein bietjie geloof kan groot dinge vermag (Matt. 17:20; Luk. 17:6). Hierdie 5 oordenkings is ideaal vir laerskolers op hul eie of vir ouers om saam met hulle kinders te lees. Dit sal hulle herinner dat wanneer jy net ’n klein bietjie geloof het, jy God kan vra om jou geloof groter en sterker te maak. Dan kan God regtig in jou en deur jou werk!

More