Die moed om jouself te weesSample

Haal die masker af
“Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.” 2 Korintiërs 3:18 NLV
Soveel keer leef ons op een manier aan die buitekant, maar ons is ‘n totale ander mens aan die binnekant. Omdat ons swakhede, foute en vrese het – dinge wat ons dink sal maak dat mense minder van ons sal hou – kruip ons eerder weg of steek dit weg vir ander. So ons dra maskers.
Die gevaar van ‘n masker dra is dat dit ons nie werklik reg verteenwoordig nie. Wat ander mense dan sien is ‘n leuen. Dit is nie wie ons is of wie ons gebore is om te wees nie. Ons kan aan die buitekant verander, maar ons kan nie verander wie ons regtig diep binne is nie – net God kan ons harte verander.
Ons moet besef dat God ons liefhet net soos ons is, en sy liefde vir ons sal nooit verdwyn nie.
En daar is meer goeie nuus. 2 Korintiërs 3:18 sê dat God besig is om ons te verander om meer soos Hy te lyk, Hy maak dit reg wat ons wil wegsteek.
Vertrou Hom genoeg om jou masker af te haal. Jy sal agterkom, soos ek het, dat jy bietjie vir bietjie na die spieëlbeeld van jou Here verander word.
Gebed:
Here, ek besef dat ek baie keer ‘n masker dra sodat ek kan inpas en aanvaar word. Vandag wil ek ‘n besluit maak om my aanvaarding in U te vind. Hou aan om my te verander na u beeld namate U my oorweldig met u liefde.
Scripture
About this Plan

Is jy moeg vir speletjies speel, maskers dra of probeer om iemand anders as jouself te wees? Wil jy vry wees om net aanvaar te word vir wie jy is nie, sonder die druk om iemand te wees wie jy nie regtig is nie? Wil jy graag weet hoe om jou unieke self te wees en die versoeking te weerstaan om soos almal te wees?
More
Related Plans

Healing Family Relationships Through Compassion

Seeing the World With God’s Eyes

Stronger Together: Pursuing Your True North With Others

Finding Our Worth in the Real Thing

Overcoming Suffering

Two-Year Chronological Bible Reading Plan (First Year-July)

For New Followers of Jesus - 30 Bible Studies

See God’s Peace: 3 Days of Visio Divina

The Marriage Lounge Devotional
