Die moed om jouself te weesSample

God keur jou goed
“‘Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg. Die Here sal jou raaksien en vir jou sy liefde gee. Die Here sal jou goedgesind wees en vir jou voorspoed gee.” - Numeri 6:24-26 NLV
Ons moet woorde van bemoediging oor mense spreek. Ons moet die seëngebed van Numeri 6:24-26 weer laat herleef: Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg. Die Here sal jou raaksien en vir jou sy liefde gee. Die Here sal jou goedgesind wees en vir jou voorspoed gee …
Met ander woorde, God glimlag oor jou. Dink daaroor. Elke keer as jy glimlag vir iemand, sê jy vir hulle: “Ek keur jou goed. Ek aanvaar jou. Jy is wonderlik.”
God keur jou nie net goed nie, Hy glimlag oor jou. Hy is lief vir jou! Jy moet dit so diep in jou hart vasmaak dat niks dit ooit van jou kan wegneem nie.
Wanneer jy in God se liefde geanker is, gaan Hy jou help om op te staan in geloof en in gehoorsaamheid na Hom toe te stap. Maar jy kan nie vir God vooruit gaan en goeie werke op jou eie begin doen nie. Jy moet die Woord ken sodat jy weet wie jy in Christus is.
In Psalm 18:20 sê Dawid: “Die Here het my lief”. Dawid was nie perfek nie maar hy het geweet God is tevrede met hom en het hom lief. God is tevrede met jou ook. Hy glimlag oor jou en het jou baie lief. Hy keur jou goed!
Gebed:
Here, dankie dat U my baie liefhet en met my tevrede is. Dankie dat U glimlag oor my. U liefde het my lewe verander en ek weet dit sal net aanhou namate ek in U groei. Amen.
Scripture
About this Plan

Is jy moeg vir speletjies speel, maskers dra of probeer om iemand anders as jouself te wees? Wil jy vry wees om net aanvaar te word vir wie jy is nie, sonder die druk om iemand te wees wie jy nie regtig is nie? Wil jy graag weet hoe om jou unieke self te wees en die versoeking te weerstaan om soos almal te wees?
More
Related Plans

Spiritual Warfare

EquipHer Vol. 12: "From Success to Significance"

Church Planting in the Book of Acts

Big, Bold Prayers: 21 Days of Praying Big and Bold

Here I Am X Waha

Hear Ye the Word of the Lord

Lessons From the Life of Joseph

Journey Through the Gospel of Matthew

You Are Not Alone.
