YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 363 OF 365

Die ma staan net twee verse af aan die vreemde vroue. Daar word egter 22 verse (in ‘n fyn uitgewerkte akrostiese gedig) afgestaan oor die regte vrou en begin telkens met ‘n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet. Die lof van die regte vrou word besing, dié een met wie die koning sy lewe moet deel.

Die ma brei breedvoerig uit oor die geweldige voordele wat só ‘n vrou vir hom sal hê. Hy kan en moet haar op geen manier mis nie! Dit is die soort onderrig wat verandering bring, omdat dit 'n uitnodiging is na ‘n baie beter toekoms met ‘n helder aantreklike visioenêre prentjie daarvan!

Só ‘n vrou het 22 voordele. Die eerste agt voordele is:

1. Sy is baie kosbaar, meer werd as edelstene – Spreuke 31:10.

2. Sy is ‘n steunpilaar vir haar man wat die vrugte van haar werk pluk – Spreuke 31:11.

3. Sy bring net voordeel haar lewe lank – Spreuke 31:12.

4. Sy is vaardig met die verwerking van wol en vlas – Spreuke 31:13.

5. Sy sorg dat daar (eksotiese?) kos is – Spreuke 31:14.

6. Sy maak kos – Spreuke 31:15.

7. Sy dryf handel met grond en wingerd – Spreuke 31:16.

8. Sy doen alles met passie, haar hande staan vir niks verkeerd nie – Spreuke 31:17.

Day 362Day 364

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More