Spreuke – eenjaarleesplanSample
![Spreuke – eenjaarleesplan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F34285%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die “eerste lewensles” van die pa aan sy seun leer, is dat sondaars se rebellie teen God se wil in die dood eindig. Net God se pad red jou vir die lewe.
Let op hoe die eerste twee perikope (Spreuke 1:1-7 en 1:8-19) ooreenkom met die eerste gebod van die wet: "Jy mag naas My geen ander gode hê nie" (Eksodus 20:3) en "Eer jou vader en jou moeder" (Eksodus 20:12).
Die boek Spreuke kan dus gesien word as ’n uitgebreide uitleg van alles wat in die Tien Gebooie as die hart van God se wil vir die volk uitgespel is. Trouens, Jesus beskou hierdie twee sake, naamlik om God lief te hê en jou naaste soos jouself, as die hart van sy eie lering (Matteus 22:37-40).
Die boek Spreuke is dus ’n wonderlike praktiese uitleg van die wet en 'n boek waarin ’n mens die sin van Jesus se onderrig ’n hele paar eeue voor Hy met sy bediening sou begin, kan raaksien.
Let op hoe die pa die alternatief uitspel. As ’n mens nie met God begin nie en as jy nie die invloed van rolmodelle respekteer nie, sit jy jou voet op ’n pad waar jy min weerstand teen die verleiding van misdaad en geweld gaan hê. Dit is die gevaar van ’n lewe waar jy nie bewustelik saam met God lewe nie en jou afsonder van die geborgenheid van die primêre verhoudingsruimte, die gesin en familie, sowel as van die geloofsgemeenskap. Jy raak te maklik die enigste oriënteringspunt vir jou norme en waardes.
Die verleiding van onafhanklikheid en selfverryking ten koste van jou verhouding met God en jou gemeenskap, moet dus ten alle koste vermy en teengestaan word. Die uiteinde daarvan is die dood. Dink na oor hoe dit op situasies in jou eie lewe van toepassing is.
Scripture
About this Plan
![Spreuke – eenjaarleesplan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F34285%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More
Related Plans
![Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55254%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders
![Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55210%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan
![Pursuing Growth as Couples: A 3-Day Marriage Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55217%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Pursuing Growth as Couples: A 3-Day Marriage Plan
![The Complete Devotional With Josh Norman](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54735%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Complete Devotional With Josh Norman
![For the Least of These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54952%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
For the Least of These
![Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55144%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love
![Know Jesus, Make Him Known](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55445%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Know Jesus, Make Him Known
![The Bible for Young Explorers: Exodus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55167%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Exodus
![Living for Christ at Home: An Encouragement for Teens](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55404%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Living for Christ at Home: An Encouragement for Teens
![Acts 9:32-43 | You Will Do Greater Things Than These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55220%2F320x180.jpg&w=640&q=75)