YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 267 OF 365

Spreuk 20 – Moenie slegte mense beny nie.

Daar is altyd die versoeking om slegte mense te beny wat met geweld vat wat hulle wil, en niks en niemand in hulle pad laat staan om te kry wat hulle wil hê nie. Om die waarheid te sê, kwaaddoeners word baie keer selfs bewonder vir hulle sukses, en die vrae wat ‘n mens met reg oor hulle metodes en karakter kan vra, word nagelaat. En dit is net ‘n kort treetjie van beny na begeer en om uiteindelik dieselfde as hulle te wil doen.

Daarom moet hulle geselskap vermy word, sê Spreuke. Vergelyk ook die motivering wat Spreuke op twee ander plekke oor dieselfde saak gee. In die een geval motiveer hy ons met die toekoms wat die Here vir ons belowe as ons op die regte pad bly (Spreuke 23:18). Ons moet kwaaddoeners dus nie beny nie, want ons toekoms is in God se hande. In die ander geval motiveer hy ons deur kwaaddoeners se uiteinde te beskryf. Die lewenslig van goddeloses sal vir ewig uitgedoof word (Spreuke 24:20).

Uit ‘n Nuwe Testamentiese oogpunt is dit natuurlik ook ‘n deel van die verleiding van die versoekings waarvoor die duiwel Jesus geplaas het (Matteus 4:1-11) – om verstommende, aangrypende, en magtige dinge te doen wat mense eenvoudig sou dwing om sy boodskap te aanvaar. Jesus verweer Hom daarteen deur God se pad te kies:

  • om God se wil te ken en te doen en nie wonderwerke tot sy eie voordeel te doen nie (klippe in brood),
  • om God se tydsberekening en metodiek te aanvaar en te kies, en God nie te probeer dwing om aangrypende dinge te doen wat as ‘n kortpad, sonder die kruis, tot Jesus se voordeel sou wees nie (spring van die tempel af) en,
  • om God alleen te dien uit ontsag vir wie Hy is, en nie die koninkryke van die wêreld met mag en geweld aan Homself onderdanig te maak, soos wat die duiwel Hom aangebied het nie. Jesus moes op ‘n harde manier self leer om nie die duiwel te beny vir die slegte goed wat hy voorgestel het nie.
Day 266Day 268

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More