Maak My 'n RivierSample

Die Rivier, ’n Bron Van Lewe En Onderhouding
Wanneer ons na die teks in Genesis kyk, sien ons dat God ’n rivier in die tuin van Eden geskep het, met die doel om onder andere die tuin van water te voorsien.
Hierdie rivier het in vier bolope verdeel, wat lewegewende water deur die land uitgestuur het (Genesis 2:10-14). Op hierdie wyse het ons Vader 'n bron van lewe, en onderhouding vir nasies en volke voorberei selfs voordat hulle nog bestaan het.
Twee temas wat uitstaan rondom die rivier in Genesis 2 is dat dit onder andere ’n bron van lewe en tweedens ’n bron van onderhouding was. Na die sondeval sien ons dat lewe binne die tuin drasties verskil het van lewe buite die tuin. Ons sien dat daar ’n vloek op die mens en sy bestaan geval het, en dus het die prentjie drasties verander van die oorspronklike plan. Alhoewel dinge op aarde en vir mense verander het, bly God steeds dieselfde, gister vandag en vir ewig, altyd getrou en regverdig. Ons sien ook deurgaans in die Ou Testament dat God, vir sy volk water voorsien, en dan uiteindelik met Jesus se koms sien ons hoe Jesus lewende hemelse water voorsien vir elkeen wat honger en dors na Hom. Vandag is dit vir elke gelowige krities belangrik om te weet dat daar steeds vir ons in Christus Jesus lewe en onderhouding is. Dit wat in die natuurlike van toepassing is in die Ou Testament is in die geestelike van toepassing in die Nuwe Testament.
Wanneer ons die rivier in Genesis 2 beskou, sien ons eerstens dat die water die lewe in die tuin gebring het en tweedens dat dit ook die tuin onderhou het.
Water is een bron waarsonder ons nie kan lewe nie. Ons as mense se liggaamlike samestelling bestaan uit sewentig persent water. Water is ook een van die belangrikste bronne wat ons gereeld moet inneem. Sonder die inname van water sterf die liggaam. Geestelik tel dieselfde beginsel, ons moet gereeld water drink. In die Woord sien ons dat water vergelyk word met die Woord van God en met die Gees van God. Die Woord van God reinig ons, sodat ons ’n skoon bruid sal wees wat sy lewe dra (Efesiërs 5:26) en die Gees van God maak die Woord lewend in ons harte, (Johannes 6:63). Soos die water in die rivier lewe gebring en die tuin onderhou het, so kom lewe en onderhoud vir elke gelowige deur die Woord van God en die Gees van God. Terwyl ons vandag die volgende teksgedeeltes lees, kom ons vra die Heilige Gees om die woorde wat ons lees in ons harte lewend te maak.
About this Plan

Jesus nooi ons uit om by Hom te kom drink en om in Hom te glo sodat riviere lewende water uit ons binneste kan vloei (Joh. 7:37-38) In hierdie 5-dag leesplan gaan ons op 'n reis om die betekenisvolheid van God se rivier te ontdek en ook hoe ons in die stroom van sy Gees kan leef sodat ons Hom op die beste manier kan verteenwoordig.
More
Related Plans

EquipHer Vol. 12: "From Success to Significance"

How to Overcome Temptation

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings

Acts 10:9-33 | When God Has a New Way

Leading With Faith in the Hard Places

BibleProject | Sermon on the Mount

You Are Not Alone.

God in the Midst of Depression

Church Planting in the Book of Acts
