Hoop wat kaalvoet loopSample

“Kyk op!”
Soms verloor ons perspektief op die lewe omdat ons te veel af … en te min op kyk. Dis dán wanneer ons so maklik ons hoop verloor. Vandag roep die Vader jou op jou naam en sê: Kyk op, liewe mens. Kyk op … en sien My. Sien die deernis in my oë, die hande wat na jou uitstrek … die hoop wat ek jou wil gee.
Jou Vader ken jou omstandighede, verstaan jou hart, voel jou pyn en weet ook wat die beste vir jou is. Op die régte tyd en op sý manier sal Hy antwoorde, wysheid en uitkoms vir jou gee. Hy sal jou versterk wanneer jy swak is, lei as jy antwoorde soek, troos in jou hartseer en jou ongekend seën. Onthou:
Hy hoor jou smeekgebed en sien jou moedelose hart.
Hy is reeds by jou om jou vas te hou, te ondersteun en jou die pad vorentoe te wys.
God se visie is soveel wyer en verder as ons eie – vertrou Hom.
GEDAGTE VIR DIE DAG: Kyk vandag met nuwe hoop op na dié God by wie alles moontlik is.
GEBED: Dankie dat U, versiende God, ook my toekoms ken en weet wat ek nodig het. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

About this Plan

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.
More
Related Plans

Immersed: Out of the Shallows Into the Deep

Same Page Summer

Purpose, People, & Prevention: Thriving in Public Health With God

Trusting and Showing Trustworthiness: A 3-Day Marriage Plan

The Bible Recap - the Gospels

Running Our Race - Who Am I? And Why Am I Here?

Two-Year Chronological Bible Reading Plan (First Year-June)

Is There Hope for My Marriage? One Good Reason to Stay Together

The Key to the Future You Want