YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Hoop wat kaalvoet loopSample

Hoop wat kaalvoet loop

DAY 10 OF 14

“God wil jou bederf” Ons God is só goed vir ons. Sy liefde vir ons is so groot dat Hy sy eie Seun in ons plek laat sterf het. En toe sy Kind weer huis toe moes gaan, het Hy vir ons nóg ’n deel van Homself – sy Heilige Gees – gegee. Dié Gees wat ons oortuig om God se genadedaad te aanvaar en wat daarna permanent in elkeen van sy kinders woon. So is Hy – die groot God – 24/7 by ons om ons met sy nabyheid te omhels, deur alle omstandighede te dra, met wysheid te lei, te vertroos en aan ons hoop te gee: Hoop vir vandag. Vir môre. En vir altyd. Die heerlike teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou is maar net die begin van sy volryk genadestroom wat jy eendag gaan kry. GEDAGTE VIR DIE DAG: As verloste mens is jy een van jou Vader se bederfkinders wat Hy elke dag met sy liefdevolle goedheid seën. GEBED: Dankie vir die voorreg om u ewige liefde vir my nou reeds te beleef, Vader. Amen. Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 9Day 11

About this Plan

Hoop wat kaalvoet loop

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy